Saturday, August 10, 2019

Sosiale Boelies

Ek het ‘n week of twee gelede in my eie persoonlike blog ‘n baie onaangename ervaring gedeel wat oor vier jaar verloop het oor hoe ek afgeknou, geteister en aangeval was op sosiale media. Ek het genoem dat dit uiterse hel was vir my as ‘n mens om deur als dit te gaan.

Dit is vrouemaand hier in Suid-Afrika. Ons is veronderstel om elke vrou te vier en te waardeer vir al die harde werk wat sy doen. Of dit nou ‘n moeder is wat elke dag haar kinders versog. Of ‘n dokter is wat mense gesond maak. Of dit nou ‘n onderwyser is wat kinders opvoed en ‘n verskil in hul lewens maak. Ons waardeer vrouens soos Moeders, Oumas, niggies, tantes, susters en vriendinne.

Ongelukkig werk dit ook nie altyd so nie. Ongelukkig vir sterk vroue wat opstaan vir dit waarin hulle glo word hulle geboelie deur mense en dit als gebeur net op sosiale media. Ongelukkig gebeur dit ook so dat dit vroue deurloop onder ander vroue se skerp en los tonge, of vingers wanneer dit by sosiale media kom.

Daar is vroue vandag wat hulself sal wend op sosiale media om die vroue aktiviste of vroue wat net hard werk om ‘n verskil te maak af te kraak, en swart te smeer op die platforms vir almal om te sien. Vroue wat sterk en braaf genoeg  is om ‘n stem te wees vir die onskuldiges loop somtyds deur. Ongelukkig skryf ek dit want ek kan dit skryf uit ervaring uit. En glo my, dit is nie iets wat ek op ander sal wens nie.

Vroue is veronderstel om mekaar aan te moedig en te ondersteun met als wat hulle doen. Vroue is veronderstel om mekaar voorspoed toe te wens met als wat hulle aanpak. Om dit op te som, vroue moet ander vroue met woorde opbou en nie afbreek nie, veral nie op sosiale media nie.
Ongelukkig is dit ‘n sirkel van bitterheid, jaloesie en haat waar hierdie vroue nie ander ‘n plekkie in die son sal gun nie. Dit is hartseer om te sien dat hulle verkies ander vroue af te breek, te kritiseer of net swart te smeer op sosiale media platforms omdat hulle nie braaf genoeg was om dieselfde te doen nie.

Dit is hartseer om te sien dat sulke vrouens hul tyd sal gebruik om iets negatiefs te sê teenoor ander as om eerder ‘n positiewe woord of twee in te kry. Ongelukkig sal dit nooit verander nie.

https://yollieserfontein79.blogspot.com/2019/07/ietsie-op-die-hart.html

1 comment:

  1. Baie dankie vir die inskrywing. Dit is so waar in 'n paar opsigte. Mense gun nooit ander sukses toe nie. Hulle breek ander af en dit op sosiale media. Lekker dag verder.

    ReplyDelete