Sunday, January 12, 2020

My Weergawe (Alweer)

‘n Week of twee gelede het Yolandi, mede-admin van die blog, vir my gesê dat sy net op sosiale media wees sonder dat sy afgekraak of geoordeel word. Dit is baie waar. Almal wil dit hê. Die reg op Vryheid van Spraak sonder om heeltyd af te kraak te word. Ons vriend, J, het om meegedeel dat die boelie nogsteeds tot vandag toe uitmaak dat Yolandi ‘n bitter mens is en dat sy leuens versprei nadat ons soliede bewyse gedeel het dat Stephanie de Kock versuim het om te vertel dat sy ‘n profiel het waar sy Yolandi dopgehou het en verder ‘n paar keer afgekraak het.

Yolandi het op 1 January 2020 genoem dat sy haar eie aanhaling met ‘n foto ontwerp het via die app Quotes Creator. Sy het daardie aanhaling alleenlik op Twitter gedeel en nêrens anders nie. Later het Yolandi ontdek dat ‘n profiel met die naam van Natalie Kes ‘n versoek gestuur het om twee profiele te volg. Daardie twitter profiele was op privaat gestel en niemand het juis daarvan geweet nie, wat ‘n hele paar rooi vlaggies laat oprys het by Yolandi. Sy het sonder enige insidente daardie profiele geblok.

Dae later het John vir ons ‘n skermgreep gestuur van Stephanie se Instagram profiel waar die einste foto van Yolandi se aanhaling op was. Dit was meer as genoeg rede om die valse profiel te blok. Yolandi het aangegaan met haar lewe en geniet tans haar vakansie. Yolandi geniet haar tyd met haar familie, soos met die fotos wat sy opgesit het op haar eie twitter profiel vanmiddag. Op daardie fotos het Yolandi heel ontspanne gelyk en die geselskap met haar familie baie geniet.

Soos ek verwag het, het Stephanie ontken dat sy haar aksies ‘n bietjie te ver geneem het. So ek gaan nou dit aan my oorlaat om vir Yolandi op te staan:

Aan Stephanie De Kock se kennis, wat ook al jou naam mag wees, ek ken vir Yolandi meer as 10 jaar. Yolandi is een van die aangenaamste mense wat ek ken en sy verdien dit nie om blatant geteiken te word deur Stephanie nie. Yolandi is nie daartoe in staat om mense te teiken op sosiale media en te boelie nie.

Ongelukkig het Stephanie versuim om vir jou te sê dat Yolandi vir baie jare aaneen geteiken was. Ek is nie die enigste mens wat Stephanie daaroor moes vasvat nie. As iemand gevra het wie hierdie boelie is wat Yolandi geteister het op Twitter in Augustus 2016, moet dit baie sê van Stephanie self. Ek het self aan die einde van 2018 vir Stephanie aangevat oordat sy vir Yolandi teiken en soos dit nou vandag vir my lyk, gaan dit nie ophou nie.

Yolandi het genadiglik reg opgetree deur om haar kant van die saak te stel, voordat Stephanie se valse stories Yolandi se reputasie skade sal berokken. Yolandi is ‘n sagmoedige mens wat baie omgee vir ander. Ongelukkig moet Yolandi baklei vir haarself wanneer daar leuens oor haar versprei is. Yolandi is glad nie ‘n bitter mens soos wat Stephanie beweer het nie, al het Yolandi ‘n moeilike lewe gehad. Yolandi lewe nie in bitterheid en haat nie, ietsie wat Stephanie kan leer om te doen.

Baie van ons vriende is bewus wat Stephanie aan Yolandi gedoen het. Baie vriende het gesien hoe Stephanie vir Yolandi afkraak op Twitter en Facebook. Ek praat namens Yolandi omdat sy haar standpunt gemaak het en nie verder kans sien om dit te doen nie.

As jy hierdie inskrywing eendag raaksien kan jy gerus hierdie boodskap oordra aan Stephanie noudat ons jou aandag ook het. Sê vir Stephanie om vir Yolandi uit te los. Sê vir haar om daardie vendetta teen Yolandi te laat vaar, want dit gaan haar net slegter lyk as wat sy al klaar lyk in baie mense se oë hier. Sê vir Stephanie om op te hou om blatant vir Yolandi te teiken, want dit gaan van haar net maak waarvan sy Yolandi beskuldig. ‘n Bitter mens.

Dra hierdie boodskap aan haar oor dat beide genoeg gehad het van Stephanie se afknouerigheid. Ek besef die waarheid sal ‘n bitter pil wees om te sluk, maar my en Yolandi se weergawe bly die waarheid. Ons sal nooit liegstories versprei nie. Yolandi het op 1 Januarie opgestaan vir haarself. Sy was in haar regte om dit te doen nadat Stephanie leuens oor haar verkondig het.

Sê vir Stephanie om eerder te fokus op dinge wat na aan haar hart lê en om op te hou vir Yolandi te teiken. Yolandi het die volwasse ding gedoen om juis van negatiewe en bitter mense soos Stephanie weg te stap en aan te gaan met haar lewe. Stephanie het soos ‘n skoolkind opgetree en aangehou om vinger te wys na Yolandi.

Yolandi is geensins bereid om verder geteiken te word nie. Want dit wil vir my lyk elke keer as Yolandi dit doen, word sy uitgemaak as die feeks in die verhaal en geblameer vir wat ook al met Stephanie gebeur. Stephanie het al verskeie kere op wordpress gesê dat sy ons op sosiale media geblok het, maar hoe het Stephanie geweet van daardie twee profiele wat op privaat gestel is en niemand het daarvan geweet nie?

Ek hoop Stephanie kan haarself die laasgenoemde vraag afvra en besef wat sy aan Yolandi doen.



Tuesday, December 31, 2019

Vir die laaste keer


Ek wou hierdie inskrywing glad nie doen nie. Kom ons begin nou maar daar want dit is Nuwe Jaar’s dag, ek is ongelooflik moeg na ‘n heerlike aandjie saam met familie en ek het net vier ure se slaap ingekry. Ek wou hierdie dag rustig spandeer saam met my familie en kan dit nogsteeds doen, maar ek moet eers iets van my bors afkry en hopelik sal dit my laaste keer wees in my leeftyd dat ek ooit enige iets verduidelik of op die verdediging wees as ek voel my karakter word aangeval, soos met laat gisteraand met iemand wat my op sosiale media geteister en swartgesmeer het. Iemand wat my tot gisteraand toe as die slegte ene uitmaak sodra ek of my vriende vir my opstaan en verdedig.

Laat ek begin deur om te sê dat ek ten volle bewus is wat deur die loop van gisteraand gebeur het. Ek is eintlik geskok dat Stephanie De Kock laag sal daal om my die “feeks” in haar verhaal te maak tot op die laaste dag van 2019, ‘n jaar wat vir my uiters traumaties and baie hartseer was. Ek sal seker maar so bly en ek dink sy sal doodseker maak dat my reputasie sal skade ly as mense haar glo en haar ondersteun, sonder om eers my kant van die storie te kry. So hier is my kant van die storie vir die heel laaste keer en hopelik kan ek die res van die dag spandeer met my familie met vrede in my hart en hoop in my oë vir die Nuwe Jaar.

Verlede jaar was vir my persoonlik die slegste jaar wat ek in baie jare gehad het. Ek het verliese gely met die dood van my vriend en twee geliefde dierekinders. Ek het ‘n operasie ondergaan met die herstel wat langer geneem het as wat ek gedink het dit sou. Ek was in ‘n ongeluk skaars twee weke nadat ek my geliefde Labrador, Sahara verloor het. Haar dood was die laaste strooi gewees en my hart was in stukke gebreek. Ek was na aan bitterheid en haat vir die jaar en hoe dit verloop het. Die ongeluk was net ‘n kersie op die koek gewees.

Ek was ook deur ongelooflike baie stres by die werk gewees en met tye wou ek net die vlaktes inhardloop en nooit weer terugkom nie. Ek was moeg meeste van die tyd en het in die laaste paar maande van die jaar met ‘n groot gesukkel om uit die bed uit te kom soggens en in die aande moeilik geslaap juis omdat daar so baie scenarios deur my kop gegaan het oor wat kon gebeur het die volgende dag.

Met als wat in 2019 gebeur het, met die stres en die trauma, het my gesondheid ook ‘n baie groot knou weg. Ek het na my operasie gewig verloor weens die feit dat ek vir dae aaneen op ‘n dieët van sagte kosse en water geleef het totdat die dokter vir my gesê het dat dit veilig is om meer vaste kosse te eet.

Na Sahara se afsterwe en die stres by die werk het my gesondheid daaronder gely met die feit dat ek party dae nie honger was om te eet nie en dat ek nog gewig verloor het. Ek was ook eendag so moeg by die werk gewees na ‘n baie besige dag dat ek skaars kon beweeg. Dit is hoe erg dinge gegaan het. Dinge het so besig gegaan, met die stres ontwikkel ek ook migraines wat vir dae aaneen kan aanhou. Die laaste ding wat ek nodig gehad het was om die blatante leuen van myself op ‘n blog inskrywing moes lees: dat ek ‘n boelie is wat ‘n rol gespeel het daarin dat Stephanie in die noodgevalle eenheid beland het. Sy het met daardie valse feit gekom tot gisteraand toe. En dit is hoekom ek nou hier sit, op nuwe jaar’s oggend, besig om my kant van als dit te verduidelik.

Laat ek ook eers begin deur om te sê dat ek nie sê dat Stephanie gelieg het oor haar siekte nie. Maar die feit dat sy gesê het dat sy ons geblok het omdat haar gesondheid daaronder gely het, kan sterk betwyfel word. Tydens verlede jaar het ek ‘n ruk lank vermoed dat my Twitter profiele dopgehou word. Een van my ander vriende, John (anonymous) het skermgrepe na my gestuur wat baie agterdog by my gewek het. Ongelukkig kon ek dit glad nie bewys nie so daar was basies niks wat ek kon doen nie. Ek het voorgegaan met my lewe soos altyd.

In November verlede jaar het ek op ‘n profiel met die naam van Natalie Kes afgekom nadat ek twee blog inskrywings gedeel het op Twitter. My blog profiele was op daardie tydstip op privaat gestel. Soos dit in die blog Geloofwaardigheid genoem is, is dit onseker of ek vergeet het om daardie twee blogs op publiek te stel of ek nog nie reg was om dit te doen nie, maar met klein genadetjies het ek op daardie profiel afgekom. Ek het ook agtergekom dat hierdie Natalie Kes profiel my groot twitter profiel dopgehou het en gou besef het dat Stephanie via Natalie kon weet wat op my profiel aangaan. Ek kry nogsteeds koue rillings as ek daaroor dink vandag.

Ek het daardie profiel Sondagmiddag geblok want ek wou nie meer vir Stephanie daardie geleentheid gee om deur my tweets te gaan en my af te kraak op Twitter nie, soos sy tydens 2017 en 2018 gedoen het nie. Ek het voortgegaan met my lewe sonder enige noemenswaardige insidente of konfrotasies na dit.

Een Dinsdagmiddag het ek nog ‘n boodskap ontvang van John af met ‘n skermgreep van ‘n sê-ding wat Stephanie op haar instagram gedeel het, en wat ek alleenlik op Twitter gedeel het. John het in die boodskap gevra of hierdie sê-ding nie aan my hoort nie. Ek het daardie sê-ding aanmekaar gesit via ‘n app met die naam van Quotes Creator, wat vir my afleiding is en wat ek baie geniet om te doen. Van die quotes het ek gedeel op ander platforms ook, maar hierdie een het ek alleenlik net op Twitter gedeel.

Daardie deel alleen was genoeg om my te oortuig dat die Natalie Kes profiel wel aan Stephanie behoort het en dat ek die regte ding gedoen het om daardie profiel te blok. Daardie profiel was in Desember 2018 oopgemaak en in Februarie 2019, twee maande later, het Stephanie in van haar blog inskrywings genoem dat sy en JC geblok het nadat sy in die noodgevalle eenheid beland het. Maar ongelukkig het Stephanie ‘n oop en valse twitter profiel gehad om te loer wat ek sê op Twitter wat basies ook beteken het dat Stephanie basies gelieg het oor dat sy ons geblok het.

Ek weet nie wat meer my kwaad gemaak het tot op vanoggend, 1 Januarie 2020 nie. Die feit dat Stephanie my as die feeks in haar verhaal gemaak het of dat sy blatant gelieg het aan die wêreld deur om te sê dat sy ons geheel en al geblok het van alle platforms af nie omdat ons haar blykbaar geboelie het (wat onwaar is), en dit terwyl sy met nog ‘n profiel gesit het waar sy my moontlik van vooraf kon afkraak het.

Die feit dat ek uitgemaak is as ‘n boelie deur Stephanie dra geen gewig nie. Dra absoluut geen gewig in die sin van die woord dat ek deur die loop van 2019 ook my wordpress domain name moes verander het en ‘n paar verstellings moes aanbring sodat Stephanie ook nie my blogs kon opspoor het nie. Dit dra geen gewig as ons met ‘n magdom bewyse sit van haar afknouerigheid teenoor my nie.

Hoe meer ek dit doen, hoe meer lyk dit vir my asof Stephanie weier om van haar haat en jaloesie te laat gaan en voort te gaan met haar lewe. As valse profiele lings en regs opduik en my begin volg, dan kan ek amper nie help om byna bang te voel nie.

Ek is nie iemand wat op sosiale media sal gaan en mense teister nie. Ek het nie die tyd daarvoor nie. Punt. Tweedens, ek sal nie my reputasie sommerso op die spel plaas en mense teister op sosiale media platforms. Daar is mense wat genoeg vir my sal omgee om te keer dat dit ooit sal gebeur. En daar is mense wat hul hele lewe lank vir my goed genoeg ken dat ek glad nie instaat is daartoe om mense te teister nie.

Ek is ook nie iemand wat “mense in boksies” sal druk en my beginsels aan mense afdwing nie. Almal het ‘n vrye wil en keuse as hulle my wil ondersteun of saamstem met my. Dit staan hulle vry om dit te doen. Ek het nog nooit enige iets aan Stephanie afgedwing nie, al maak sy daardie uitlating hoeveel keer op Twitter en op ander platforms. As ek my beginsels aan Stephanie afgedwing het, hoekom het ek uit my pad uit gegaan om haar te blok van alle sosiale media platforms af? Dit maak glad nie vir my sin nie. Derdens, ek het nog nooit in my hele lewe vir die regerende party gestem nie, al is daardie uitlating vir so baie jare deur Stephanie gemaak dat hulle ondersteun. Dit is die grootste lot nonsens wat ek al ooit oor myself op die internet gelees het. Ek kan dit julle verseker dat daardie leuen presies dit is, ‘n blatante leuen.

Soos ek aan die begin van hierdie inskrywing genoem het, wil ek nie hierdie jaar spandeer om myself heeltyd aan die wêreld te verduidelik as daar leuens oor my versprei is nie. Met genade kan ek bewys dat Stephanie leuens oor my versprei het oor dat ek mense teister en hopelik sal hierdie inskrywing dit stopsit.

Want ek is nou moeg en geïrriteerd daarby ook dat ek die hele tyd myself verdedig. Ek wou glad nie my oggend van die nuwe jaar so spandeer het nie. Maar ek voel dat dit moet gedoen word voordat Stephanie se leuens oor my mense se ore bereik en voordat haar leuens aaklige nagevolge vir my en my reputasie sal hê.

Ek het nog nie sedertdien my inskrywing in Augustus getiteld Perspektief my kant van die saak gestel nie. Die feite neergelê het soos dit gebeur het nie. Ek het besluit om negatiewe mense soos Stephanie uit te sny en my lewe as positief as moontlik te lei. Ek moet hierdie inskrywing doen om ‘n bietjie meer detail te verleen aan wat vanoggend vroeg gebeur het.

En dat ek hoop die waarheid, en die waarheid alleen my sal vrymaak. Want hulle sê as jy ‘n leuen vertel, sal jou waarhede sterk betwyfel word. So dit is maar baie beter om die waarheid te vertel op die ou einde.





Saturday, November 30, 2019

Geloofwaardigheid

‘n Mens se geloofwaardigheid aan die wêreld is seker maar een van die belangrikste aspekte van om ‘n goeie mens te wees. Dit kan ook tog so maklik bevraagteken word of geruineer word met een oomblik van swakheid of as jy jou hand ‘n bietjie te veel oorspeel het in ‘n kort oomblik.

In Augustus het beide ek en Yolandi die inskrywings “Vier Jaar” en “Perspektief” geskryf wat basies gegaan het oor die teistering wat Yolandi moes deur maak sedert 2014 tot 2018. Ons het basies net die feite neergelê om ons weergawes te vertel nadat beide van ons valslik daarvan beskuldig is dat ons hierdie individu waaroor die inskrywings gegaan het, geteister het. En dat dit bykans onmoonlik was dat ons die skuld moes kry vir hierdie individu se siekte.

Yolandi was die afgelope jaar ongelooflik besig gewees. Sy het ‘n uiterse moeilike jaar gehad en dinge was ook maar baie stresvol aan haar kant. Yolandi het ‘n paar Saterdae gelede ‘n paar inskrywings gedoen wat sy wou gedeel het op Twitter. Die profiele waar sy dit wou gedeel het was op privaat gestel. Dit is nog onseker of Yolandi vergeet het om dit oop te stel na ‘n paar maande of sy nog van plan was om dit te doen, maar daar is iets soos klein genades op die ou einde van die dag.

Yolandi het sowat ‘n goeie paar weke gelede vir my gesê dat sy kan nie die gevoel afskud dat sy deur hierdie individu, wat sy al in 2018 op Twitter geblok het, dopgehou word. Dit was òf deur die individu se vriende òf deur ‘n valse profiel. Ek het aan haar genoem dat sy dalk net ‘n bietjie oorwerk was en dat sy oorstuur was met die hartseer waardeur sy die afgelope paar maande was. Nogsteeds kon Yolandi nie daardie gevoel afskud nie, maar ongelukkig was daar geen bewyse of enige iets aansienliks wat kon wys dat sy dopgehou word nie.

Met die inskrywings getitled Skynheilig en Onthou het Yolandi ‘n volg versoek gesien van ‘n profiel met die naam van Natalie Kes. Die profiel het ook ‘n prentjie met ‘n sê-ding wat in Afrikaans was, as ‘n profiel foto gehad. Die mense wat hierdie profiel gevolg het, het net nie reg geklink nie. Volgens Yolandi was iets nie reg nie en sy het na haar groot profiel gegaan. Die profiel het haar ook gevolg daar.

Hierdie vals profiel sou heelwaarskynlik nooit ontdek was as die twee blog twitter profiele op privaat gestel was nie, dus was dit dalk ‘n goeie ding dat Yolandi dit so gelos het toe sy moes. Sy het my laat weet dat sy die profiel Natalie Kes geblok het van al die moontlike groot profiele af. Op die Dinsdag na die ontdekking haar groot twitter profiel op privaat gestel, juis omrede dat sy wou wegkom van enige negatiewe mense af of van valse mense af wie se sê en doen twee verskillende dinge is.

Hierdie individu, kan ek sê, het haar hand oorspeel en sy was op die onverwagste manier ooit uitgevang want in Februarie vanjaar het hierdie individu een of twee inskrywings op haar eie blog gedoen waar sy genoem het dat sy “alle boelies uitsny” uit haar lewe uit weens haar gesondheid. Na ‘n verdere ondersoek was hierdie Natalie Kes profiel in Desember 2018 geskep. Daar bestaan wel ‘n baie goeie rede dat hierdie individu se geloofwaardigheid aan die wêreld baie sterk betwyfel kan word in die sin van die woord dat haar blog en haar inskrywings op sosiale media nie eintlik veel kredietwaardigheid kan hê nie.

Yolandi probeer eintlik baie hard om weer haar lewe op dreef te kry na so baie terugslae vanjaar. Die laaste ding wat sy nou op hierdie oomblik nodig het, is om van vooraf deur hel te gaan waardeur sy was vir vier jaar, net om weer die leuen op die internet te lees dat sy ‘n boelie is wat mense teister op sosiale media. Of die blaam te kry sou die individu weer siek raak of so iets.

Yolandi is ook ongelooflik baie moeg na ‘n dreinerende jaar. Die beste ding wat sy kon doen na die ontdekking van daardie vals profiel, was om dit te blok soveel as moontlik. Hierdie inskrywing is ongelukking nie ‘n inskrywing waar feite uit my duim uitgesuig is nie. Daar is meer tot die inskrywing as die voorgevoel wat Yolandi gehad het.
Yolandi kon net haar kop skud in totale magteloosheid toe sy besef het dat sy al die tyd reg was. Al wat sy wil doen meer as enige iets anders is om net voort te gaan met haar lewe en die dinge te doen wat sy graag wil doen. Yolandi wil weer haar lewe op dreef kry en nie teruggehou word nie. Ongelukkig gaan daar mense wees wat nie wil laat gaan nie en hierdie individu is een van hulle.

Perspektief

Vier Jaar






Saturday, November 23, 2019

Waardes


Hierdie week was interesant gewees in die sin van die woord dat ek net basies baie moeg was om heeltyd op negatiwiteit te leef. Ek het wel my eie Twitter profiel, wat vir vier jaar op publiek gestel was vir almal om my te volg, op privaat te stel. Daardie besluit het nie baie gou en inpulsief gekom nie. Dit kom nou al vir ‘n tyd al. Maar dit is tydelik totdat ek besluit het wanneer die tyd reg is om die wêreld aan te durf op die sosiale media terrein.

Hierdie jaar was ‘n minus vyf op die positiewe skaal. Dit is nou eers November en daar is dae dat ek wens hierdie verdomde jaar kom tot ‘n einde. Dan is daar ander dae waar dinge vir my opkyk en ek rede het om positief te bly. Ek probeer baie hard om optimisties te bly in ‘n aansienlike negatiewe wêreld wat nog verder aangevoer word deur ‘n baie negatiewe jaar.

Ek probeer my lewe op die positiewe pad hou en dit is om nuwe uitdagings aan te pak, meer te ontspan oor naweke en soos byvoorbeeld klein dingetjies te doen soos om myself te bederf met ‘n komedie elke aand na werk. Dit werk op ‘n manier want dit is hierdie klein dinge in die lewe wat my nou aan die gang hou meer as enige iets anders.

Die belangrikste aspek van om positief te bly is ook seker maar om negatiewe mense uit te sny uit jou lewe uit, en dit meer spesifiek op sosiale media. Ek was altyd bereid om heeltyd vir myself te baklei sonder om op te hou en op die ou einde amper te verloor wie ek was. Ek is nie seker of ek net hierdie week baie moeg was nie. Hierdie jaar het ‘n nommer op my gedoen so dit kon ‘n rol gespeel het oor hoe ek gevoel het. Ek het net besluit om negatiewe mense uit te sny (of te blok) op sosiale media en vorentoe te kyk. En nie weer terug te kyk op dinge wat gewees het nie.

Die waarheid is dat ek nie meer kan fokus op die negatiewe nie, veral nie negatiewe mense nie. Ek sal raai dat dit als neerkom op selfwaardigheid op die ou einde van die dag. Selfwaardigheid was iets waarvoor ek baklei het, veral op sosiale media. Ek moes gedurig myself verdedig teen leuens en opgemaakte feite. Die feit dat daar so hard probeer was om my die feeks in die verhaal te maak was besig om my onder te kry, veral in hierdie jaar. Die beste was om weg te stap vanuit ‘n uiterse negatiewe situasie voordat ek myself heeltemal verloor het, asook my selfwaardigheid in die proses.

My waardes is vir my meer van belang as om ongesonde debatte te voer met mense wat daarop sal uitgaan om van my die slegte een te maak, en ek ken myself beter as dit. My leef volgens my waardes deur om almal in dieselfde lig te sien, ongeag wat hul agtergronde of ras is. Ek is nie perfek nie, maar my waardes maak van my ‘n baie beter mens. En dit sal ek nooit opgee vir enige iets nie.

Ek sal aanhou baklei vir dit waarin ek glo. Ek sal harder baklei vir vroue en kinders wat deur geweld geraak word. Ek sal nog harder baklei as mense verkies om die blaam op slagoffers te lê as om die oortreder verantwoordelik te hou vir die dade wat sy of hy gepleeg het. Ek besef nou dat daar beter maniere is om nie jou waardes op te offer nie.

Die beste ding wat ek kon ooit gedoen het, en ek moes sekerlik dit in die eerste plek gedoen het, was om negatiewe mense uit te sny uit my lewe uit. Dit is nooit te laat om dit te doen nie. Ek glo vas dinge kan van nou af net beter gaan. Al wat ek net moet doen is om nie terug te kyk nie. Ek is nie kwaad oor wat als gebeur het nie. Ek is eintlik op ‘n baie goeie plek in my lewe, al is daar dae dat dinge nie altyd 100% vlot verloop nie. Ek is op ‘n beter plek in my lewe as wat ek gewees het so ‘n week of twee gelede.

En dit is al wat saakmaak.




Saturday, November 16, 2019

Skynheilig


Een aspek van die mensdom wat my rooi sal laat sien is die skynheiligheid van mense. Soos byvoorbeeld as mense met vroom gesigte voor in die kerk sit met hul Bybels op hul skote besig om na die dominee se preek oor vergifnis en medemenslikheid te luister, net om na die diens hulself skuldig maak daaraan om mense te “bespreek” en te oordeel, dan wonder ek hoekom hulle in die eerste plek Kerk toe gegaan.

Of as mense vir God vra vir ‘n bietjie meer geduld met mense, net om 5 minute later ongeduldig in ‘n lang ry in die Spar te staan en wag en diep binne-in hulself te wens die mense wil net verdwyn. Ek is ook nie iemand wat daarvan sal hou om in ‘n lang ry in ‘n winkel te staan en wag nie, maar dit is een van daardie dinge.

Skynheiligheid is wanneer iemand hierdie Christelike boodskappies op Facebook of Twitter sal sit om vir die wêreld daar buite te wys watter goeie mens jy voorgee om te wees, maar tog sal daardie persoon iemand teiken, afknou of afkraak net omdat die persoon heeltemal verskillend is en heeltemal ander standaarde het as wat jy het. Almal het daardie reg op vryheid. Niemand het daardie reg om mense af te knou en blatant net te boelie net omdat daardie persoon braaf genoeg is om op te staan vir dit wat reg is.

Ek kan nie altyd vinger wys nie. Ek is nie perfek nie. Ek raak maklik ongeduldig met mense. En die einde van die jaar moegheid sal seker ook nie as ‘n verskoning dien nie. Ek kan nie kook nie, maar niks leer my om te leer kook nie so dit is nie ‘n verskoning nie. As ek kwaad is, dan sal ek so een of twee kragwoorde tussenin gooi. As ek opgewerk raak oor iets, of ek raak uitgestres, dan vergryp ek myself byna aan ‘n hele slab sjokolade. Ek het my foute. Ek het my tekortkominge.

Maar een aspek wat my omkrap van mense as hulle voorgee as iemand wat hulle nie werklik is nie, veral op sosiale media. Ek glo jy moet mense met die nodige respek behandel en reg behandel, dan sal die respek na jou kant ook toe kom. Om Bybelversies op sosiale media te sit, maar 5 minute later op Huisgenoot se Facebook forum iemand sleg te sê en af te knou net omdat daardie persoon nie met jou saamstem nie, maak van jou eerder ‘n mens met valse intensies en in my oogpunt beteken al daardie Christelike boodskappies en Bybelversies wat jy so elke oggend opsit maar niks.

Dit sal jou niks in die sak bring as jy mense sleg behandel in die regte lewe, sowel as op sosiale media nie. Of as jy mense afkraak en hul swartsmeer op sosiale media nie. Dink ‘n bietjie so daarna voor jy weer daardie boodskappie van hoop en vergifnis op jou Facebook of Twitter profiel sit.



Saturday, October 19, 2019

Keuses


Hierdie jaar was nie baie maklik nie. Dit was hel op aarde. Okay, dit klink ‘n bietjie melodramaties as wat dit werklik is maar julle kry die prentjie. Dit klink oordramaties, maar ek is nogsteeds hier. Ek haal nog asem, ek het familie en vriende wat my deur dik en dun bystaan en wat ongelooflik lief is vir my, ek het ‘n werk en ek het die keuses gegee om my lewe te leef soos wat ek dit wil leef.

Ek het in my vorige inskrywing “Perspektief” basies die maande tussen Desember verlede tot Februarie 2019 beskryf in ‘n bietjie meer detail. Die redes daarvoor word in die inskrywing genoem en ek gaan dit daar los. My lewe daarna het nie so goed gegaan soos wat ek gehoop het dit sal nie. Ek het in Maart vanjaar my Jack Russel, Roxy, verloor. Sy was my hart se punt en het diep in ons almal se harte ingekruip. Dit was vir my en my familie ‘n skielike skok gewees, maar sy sal vir altyd in ons harte wees. Ons sal nooit vergeet hoe sy op haar stil manier die liefde uitgestraal na ons wat sy gedoen het nie.

Op Woensdag, 15 Mei 2019, was ek opgeneem in Netcare Family and Medical Centre vir ‘n operasie om my verstandtande te laat verwyder. Die herstel was ‘n bietjie meer uitdagend gewees weens aan my gebrek aan  geduld en my vrese dat die wonde nie ten volle sal herstel nie, al het die dokter gesê als het goed afgeloop. Ek het vir dae daarna meestal net geslaap weens die medikasie. Nie dat ek juis omgegee het nie. Dit was ook vir my lekker om net te slaap en te vergeet van al die negatiwiteit van die lewe.

Ek was ook effens bang om meer vaste kosse te eet en het geleef van roomys, custard en jogurt, en met die opvolg ondersoek het die dokter vir my gesê ek kan meer vaste kosse eet soos hamburgers byvoorbeeld. My eerste vaste kos wat ek daardie aand geëet het was sop en brood. ‘n Droom begin nogals.

Maande daarna het dinge effens beter gegaan, en ten spyte van my vele uitdagings wat my in die gesig gestaar het, het ek dit deur genade en wonderwerke oorleef. Ek het aangegaan met my lewe en vir die eerste keer het dit gevoel dat ek na dinge kon uitsien en dat ek die lewe saam met diè wat vir my saakmaak, kon geniet het.

Ongelukkig het daar weereens nog ‘n terugslag gekom toe my geliefde Labrador, Sahara, gesterf het in September vanjaar. Dinge het weer vir my opgekyk vooraf en dit was vir my hele familie ‘n uiterse hartseer tyd gewees. Ek was vir weke daarna nie myself gewees nie en het baie leeg gevoel, en die ongeluk ‘n week daarna (waarin ek genadiglik nie ernstig beseer is nie) het nie veel gehelp nie. Ek was in skok na die ongeluk gewees.

Ek het letterlik 2019 met al sy nonsens en dramas omgewens juis omdat al hierdie slegte ervarings net vir my teveel geword het. Ek was letterlik uitgeput met nek spasmas en knoppe op my skouer, en moenie begin met die kopsere en min slaap nie. Ek kon nie wag vir 31 Desember 2019 nie, waar ek al die kalenders kon vat en verbrand nie. Soggens het ek gesukkel om op te staan uit die bed uit. Hierdie jaar, soos wat ek genoem het aan die begin van die inskrywing, was hel gewees.

Ek skryf hierdie deel van my lewe juis omdat ek myself daardie keuse gegee het oor hoe ek my lewe kan leef met die jaar wat net ‘n paar weke oor het as jy hard daaroor dink. Hoe ek 2019 wil uitsien, ten spyte van al die negatiwiteit. Watter planne ek nog wil maak vir die toekoms. Wil ek 2019 op ‘n negatiewe noot laat eindig vir my of op ‘n positiewe noot.

Ek is tans ongelooflik baie besig by die werk asook besig om hard te werk aan my blogs om dit suksesvol as moontlik te maak. Ja, daar is uitdagings wat my tot die uiterse sal toets en baie min tyd om die dinge te doen wat ek graag sal wil doen, maar ek doen my bes om als dit te vermag.

Ten spyte van my traumatiese tye wat 2019 oor my gebring het, glo ek vas daar is iets positiefs om voor te leef. Ek het baie verloor en het gevoel dat hierdie jaar een lang nagmerrie is waarvan ek nooit sal wakker word nie. Ek bly positief en klou vas aan die hoop dat dinge beter sal raak want dit is al wat my hoop gee. Ek bly positief, want dit gee my ten minste iets om na uit te sien en my lewe ten volle te leef en te geniet. Dit vat altyd die negatiewe en hartseer ervarings om te laat besef dat daar soveel meer is in die lewe om voor positief te wees. En dit is hoe ek nou voel op hierdie oomblik.





Sunday, October 6, 2019

Die Afgelope Tyd


Die afgelope paar weke was dit ‘n emosionele wipplank gewees, veral met Yolandi. Sy noem in haar inskrywing Hier Om Te Bly dat 2019 vir haar net hel was reg van die begin af tot meer onglangs toe sy haar geliefde hond, Sahara, weens beroerte aan die dood moes afstaan en ‘n week later in ‘n ongeluk was. Dit is net hierdie swaar tye wat dinge net in perspektief stel. Ten spyte van dit als bly Yolandi optimisties oor die toekoms en wat dit gaan inhou. Sy was deur ‘n traumatiese jaar, so dit is ter verstane dat sy totaal en al uitgeput is na als dit. Ek het Vrydagaand met haar gepraat en ek kon hoor sy was moeg. Sy het aan my genoem Vrydagaand dat sy so moeg was Maandagaand dat haar nek seer was en dat sy na etenstyd net op haar bed gelê het, beisg om Showmax te kyk.

Yolandi het aan my genoem dat sy gatvol was om dié wat na aan haar was, te verloor. Sy het immers haar vriend aan kanker verloor, haar een hond, Roxy, in Maart en toe onlangs haar labrador, Sahara. Sy was moeg van al die hartseer wat 2019 vir haar gebring het. Sy het op twitter gesê dat die beste dag van 2019 sal wees die 31ste Desember. ‘n Mens kan daardie soort magteloosheid verstaan na als waardeur sy was die afgelope paar maande.

Yolandi het haar hartseer verlies oor Sahara op haar blog gedeel juis omdat dit vir haar vertroosting sou bring. Dit is nooit ‘n maklike ding om op die internet te deel nie, want daar sal mense wees wat nie verstaan nie of nie wil verstaan nie. Yolandi het soos byvoorbeeld maande terug hulde gebring aan haar vriend net na sy dood. Dit was ook nie vir haar maklik nie. Ek was daar by haar gewees die Sondag van sy dood en sy was die hele dag in trane gewees. So die huldeblyk was moeilik gewees.

Wat jammer is dat nie alle mense sal simpatiek optree nie, en die woorde wat gespreek was op Yolandi se verjaarsdag en skaars twee weke na haar vriend se afsterwe bewys dit. Woorde maak heel, maar woorde maak ook seer en alhoewel Yolandi baie ontsteld was oor wat gebeur het, het sy die regte ding gedoen. Woorde kan vars wonde oopsny en woorde het daardie manier om te wys wie en wat jy werklik is as mens.

Woorde wat gespreek is op die internet en gemik word om die persoon seer te maak is soveel erger. Woorde wat sonder intergiteit gespreek word wys eintlik baie van jou as mens. Op die ou einde van die dag, as woorde vanuit ‘n plek van haat gespreek word, sal ‘n vroom gesiggie en ‘n Bybel onder die arm jou niks help nie.

Woorde op sosiale media kan mense seermaak. Wees versigtig met jou woorde. Spreek woorde met intergiteit, dan sal mense meer respek het vir jou as mens. Yolandi is wel positief oor die toekoms, maar is deur ‘n ongelooflike hartseer jaar en is baie moeg en weerloos as gevolg daarvan. As iemand op ‘n mens se gevoellens trap wat in rou is oor ‘n paar verliese, dan kwalifiseer jy as ‘n boelie sonder ‘n greintjie intergiteit. En dit wil niemand wees nie.