Saturday, August 24, 2019

Perspektief

Verlede week en Vrydag het my vriend, JC, die besluit geneem om met die volle waarheid vorendag te kom, en dit is nie om ‘n inskrywing te doen met die terms “individu” en “die persoon” nie. Die inskrywing “Vier Jaar” beskryf die teistering en afknouerigheid wat ek moes ervaar vir die afgelope vier, amper vyf jaar. JC het dit op homself geneem om die persoon se naam bekend te maak in die inskrywing, asook skermgrepe te plaas om te bewys dat daar wel waarheid is en dat beide van ons nie die boelies is soos wat daar beweer was nie.  Laat ek in hierdie inskrywing noem dat dit vir JC nie ‘n baie maklike besluit was om hierdie opsie te neem nie, maar op een of ander manier moes die waarheid uitkom en hy het dit gedoen omdat hierdie hele ellendige ervaring vir my tot ‘n einde moes kom.

Ek het sedert 2014 vir Reeva Steenkamp en haar familie verdedig en ondersteuning vir hulle gewys na die moord op Reeva en die mense se negatiewe reaksies daarna teenoor haar en haar familie. Ongelukkig vir my het ek nie rekenskap gehou oor hoe mense teenoor my sou optree toe ek my steun gewys het vir Reeva se familie nie. Ek het vir die laaste vier jaar die prys betaal deur dat ek geteister, afgeknou en afgekraak was deur meer spesifiek, Stephanie de Kock. Dit het op Facebook begin en later oor op Twitter oorgegaan.

Ek kan bevestig dat ek in die besit is van skermgrepe waar ek afgeknou was deur Stephanie, sowel as die dag waar ek geteister was dat een meisie uit die bloute gevra het wie die Big Bully girl (sic) is. Tydens 2017 en 2018 was ek basies net afgeknou deur Stephanie gewees, totdat ek haar daardie aand van 25 September 2018 haar geblok het van Fight Against Violence and Abuse se profiel. Die whatsapp boodskap bevestig dit, al het Stephanie met die storie vorendag gekom dat ek haar geblok het die 27ste September 2018. Ek het my rede gegee op die boodskap aan JC.

Ek gaan eerlik wees deur om te noem dat daar wel interaksies tussen my en Stephanie plaasgevind het. Ek is nie oneerlik hieroor nie. Ons interaksies het meestal bestaan uit redenasies wat basies nêrens vir beide van ons geëindig het. Ek het meeste van die tyd vir myself baklei, en meeste van die tyd ook vir ‘n onskuldige slagoffer van moord baklei nadat Stephanie haar en haar familie swartgesmeer het. Daardie feit is gebasseer deur meer as een mens wat Stephanie se optrede teenoor die Steenkamp familie gesien het, buiten nou my en JC.

Stephanie het tot meer onlangs toe genoem dat daar boelies was wat sy moes blok nadat sy siek geraak het op Vrydag, 15 Februarie 2019. Ek het besluit om my weergawe te vertel van Desember 2018 tot die aand van 16 Februarie 2019 in ‘n bietjie meer detail, so dat daar verstaan kan word hoe onmoontlik dit bykans was vir my om enige interaksie met Stephanie te gehad het.

Dit begin als op Donderdag, 13 Desember 2018. Ek het op ‘n welverdiende vakansie gegaan na ‘n baie lang en dreinerende jaar. Ek was moeg gewees en wou net daardie middag ontspan. My laaste interaksie met Stephanie was op Sondagaand, 2 Desember 2018 waar ek haar aangespreek het om my uit te los uit haar inskrywings uit. My vriend, JC, het tot op my verdediging gekom en Stephanie ook aangespreek om my in vrede te los.

Ek het tydens my vakansie my foon afgelos, boeke soos The Classifier van Wessel Ebersohn, Ballade vir ‘n Enkeling van Leon van Nierop en Small Great Things van Jodi Picoult gelees, Fuller House op Netflix gekyk, baie flieks gekyk en die belangrikste van die als, waardevolle tyd saam met my familie gespandeer. Ek het baie min tyd op sosiale media gespandeer en baie min tyd gespandeer op my blogs, en het meer tyd gespandeer om my aandag te gee aan mense wat rêrig vir my saakmaak.

Aan die begin van my vakansie het ek nog ‘n profiel op Twitter van Stephanie ontdek en die profiel onmiddelik geblok van beide my persoonlike profiel en die Against Abuse profiel af. Dit het verloop sonder enige interaksies tussen ons twee. My vakansie het sonder enige voorvalle aangegaan.

My vakansie het tot op ‘n einde in middel-Januarie gekom en ek het terug werk toe gegaan. Op 17 Januarie het ek Stephanie se kanse om enige kommentaar te lewer op my blogs op wordpress geblok. Weereens, het dit verloop sonder enige interaksies of insidente. Ek was meer bekommerd oor my vriend, Shaun, wat sedert Desember in Groote Schuur hospitaal was weens ‘n siekte.

‘n Paar dae later het my onderkaak erg begin pyn. My tande het gepyn en ek kon skaars my kaak beweeg. Dit het gevoel asof die verstandtand aan die onderkant van my regterkaak begin deurgroei het, wat die pyn veroorsaak het. Ek was in daardie tyd baie bekommerd gewees en het op Maandag, 28 Januarie 2019 ‘n afspraak by Parkendorf and Associates, ‘n tandaarts praktyk in die Netcare Family Medical Centre in Kenilworth gemaak.

Op Vrydag, 1 Februarie het ek die middag van my werk afgevat om na die tandaarts toe te gaan. Die tandaarts het my meegedeel dat ek ‘n chirurg moet gaan sien want al vier my verstandtande moet verwyder word onder algemene narkose. Ek het ook boonop infeksie gehad in my tandvleis. Die tandaarts het aan my verduidelik dat die verstandtande aan die onderkaak baie diep sit en dat dit net-net aan my senuwee geraak het, wat groot probleme sou veroorsaak het. Ek het daardie middag groot geskrik toe ek die x-strale gesien het.

Ek was baie bekommerd oor die operasie en op ‘n manier bang gewees. Ek was ook ‘n bietjie bekommerd gewees oor my mediese fonds en wat hulle presies als dek. Ek het die res van daardie middag tyd spandeer met navorsing oor hoe my mediese fonds ‘n operasie van so ‘n aard gaan dek en wat my opsies is. So weereens, het ek nie eintlik tyd gehad vir sosiale media nie.

Op 3 Februarie het ek die slegte nuus ontvang dat my vriend, Shaun, gesterf het die oggend. Ek was baie geskok en baie hartseer gewees oor sy skielike afsterwe en het baie gehuil daardie middag. Ek was deur my familie en vriende bygestaan, en ek kon nie deur die dag kom sonder daardie bystand nie.

Die volgende dag was ek by die werk, al wou ek net by die huis gewees het saam met my familie. Ek was by die werk omring deur mense wat dieselfde soort seer gehad het as ek. Ons almal het mekaar gehad om op te steun. Intussen moes ek ook ‘n afspraak maak met die chirurg vir ‘n konsultasie. Ek het ‘n afspraak gekry vir Donderdag, 21 Februarie 2019 met Dr. Allie Mohamed by Constantiaberg Mediclinic.

Shaun se begrafnis was Saterdag, 9 Februarie. Die diens was in Mitchells Plain gehou waar hy gewoon het. Dit was baie hartseer gewees en Shaun was baie geliefd gewees onder baie van sy vriende en natuurlik sy familie. Shaun was begrawe gewees in Plumstead en die verversings was gehou by die gemeenskapsentrum in Mitchells Plain.

Die week wat gevolg het was ek baie gespanne gewees oor wat presies die chirurg gaan sê oor my operasie. Met al die spanning het ek navorsing gedoen oor verstandtande en mediese fondse in Suid-Afrika wat baie interesant was, terloops. Ek het oor verskillende mediese fondse navorsing gedoen om uit te vind wat hul terme en voorwaardes is met so ‘n operasie. Met die gevolg het ek baie min tyd spandeer op sosiale media en meer tyd gespandeer om myself te bekommer oor sekere aspekte van my operasie.

Op 15 Februarie daardie aand het ek kuiergaste gehad wat my vooraf geluk gewens het met my verjaarsdag. Ons het gesels oor die Stormers wat teen die Bulle gaan speel op Loftus, my afspraak met die chirurg en my kuier saam met my familie. Dit was ‘n baie besige dag by die werk en ek wou net ontspan en rustig wees daardie aand saam met my familie.

Ek het Saterdag, 16 Februarie 2019 my 37ste verjaarsdag gevier saam met my familie. My twee niggies het ook kom kuier en ons het lekker gesels. My suster, swaer en my een-jarige niggie het ook ‘n draai gemaak en ons almal het heerlik gekuier. Met al die hartseer en bekommernisse waardeur ek was die laaste twee weke, was die kuier presies wat ek nodig gehad het om weer te laat besef hoe kosbaar my familie vir my is.

Daardie aand het ek weer ‘n inskrywing van Stephanie gelees waar sy alweer my swartgesmeer het in haar eie blog. Alhoewel haar inskrywing my ontstel het, het ek geen reaksie gewys op enige manier nie. Die enigste reaksie wat ek wel gewys het was om Stephanie geheel en al te verban en te blok waar moontlik. Ek was ontsteld dat diè inskrywing twee weke gekom het na Shaun se dood. My wonde was nog rou gewees na sy dood en ek het daardie inskrywing as ‘n baie lae en gemene hou gesien.

Stephanie was volgens haar inskrywing baie siek gewees. Sy het die dag voor dit in ‘n noodgevalle eenheid geëindig nadat sy siek geword het. Volgens haar het spanning en stres bygedra tot haar siekte en sy het die blaam basies op my gelê omdat sy “geboelie” was.

Soos ek genoem het, my laaste interaksie met Stephanie was 10 weke voor haar opname in die hospitaal. Ek het Stephanie geblok deur die loop van verlede jaar af van twitter en van my een facebook profiel. Ek het Stephanie begin verban van ‘n paar van my blogs af nog voor die hele insident op 16 Februarie, insluitend my wordpress blogs. Dit maak dit dan bykans onmoontlik om enige interaksie te hê met Stephanie.

Ek ontken daarby dat daar enige interaksie tussen my en Stephanie op enige sosiale media platform of blogs was in die laaste agt maande. Ek doen hierdie inskrywing bloot omdat ek wil verder keer dat enige onwaarhede dat ek mense teister op sosiale media versprei word. Dit was ‘n uiterse moeilike ses maande vir my gewees as persoon met die verlies van my vriend en die operasie, wat op 15 Mei 2019 by die Tokai Medical en Dental Centre plaasgevind het.

Hierdie onware bewering dat ek vir Stephanie geboelie het, dra geen gewig nie. Dit dra net gewig as mense haar bewering glo en as dit my en JC se reputasie skade sal doen. Ek is hoopvol dat dit my laaste inskrywing van so ‘n aard sal wees want ek kan net soveel kere my kant van die storie stel. Ek is hoopvol dat my perspektief in ‘n beter lig gestel kan word.

Ek is hoopvol dat ek van nou af vorentoe kan kyk en hoop dat dinge weer vir my sal opkyk. Ek moet ook, sonder dat ek myself weereens moet verduidelik, omsien na my eie gesondheid en welstand. Om geteister te word soos wat ek geteister was, het sy tol geëis op my gesondheid. Ek het baie sinus probleme, en soms kry het migraines as ek gespanne is. Stres maak my kopsere baie erger.

Ek is laastens hoopvol dat hierdie ervaring mense sal leer dat jou waarheid altyd saakmaak op die ou einde. Ek is hoopvol dat mense sal leer om mekaar met die nodige respek te behandel en dat mense ander se menings oor ‘n saak met respek sal hanteer. Almal is geregtig op ‘n mening oor ‘n spesifieke saak, maar niemand besit daardie reg om ander af te breek net omdat jy nie langs dieselfde kampvuur sit nie.

Boeke gelees tydens vakansie

Net na my operasie op 15 Mei 2019 by Netcare Medical and Dental Centre

No comments:

Post a Comment