Saturday, August 3, 2019

Dertien Redes

Ek het verlede jaar Thirteen Reasons Why vir die eerste keer op Netflix gesien nadat Yolandi voorgestel het om dit te kyk. Thirteen Reasons Why is ‘n reeks wat die storie vertel van Hannah, ‘n hoërskool student wat selfmoord pleeg, maar bandopnames nagelaat het vir haar vriend, Clay, om te luister oor wat daarnatoe gelei het dat sy die drastiese besluit geneem het om haar eie lewe te beëindig. Dit was uit my oogpunt uit baie hartseer om te sien, en ongelukkig beskryf dit die realiteite van Hoërskool en dit is elke ouer se keuse om die reeks te kyk as besprekingspunt van die onderwerpe wat die reeks wys, soos teistering, verkragring en dwelm misbruik.

Ek was veral geraak deur hoekom Hannah daardie besluit geneem het. In die eerste episode gaan Hannah uit op ‘n afspraak saam met Justin, iemand op wie sy gevoelens begin ontwikkel het. Dinge in haar lewe het van daar af begin skeef loop vir Hannah toe daar ‘n foto van haar versprei word op sosiale media. Sy was die toppunt van bespreking en ‘n teiken geword van teistering. Sy het ‘n reputasie gekry as iemand wat sy nie is nie. Die laaste strooi vir haar was toe sy verkrag was deur nog ‘n student een aand tydens ‘n partytjie en sy daaroor gepraat het met ‘n berader. Selfs die berader het die verkeerde advies gegee en dit is toe Hannah die besluit geneem het.

Ongelukig is hierdie reeks nie onrealistiese verhaal met robotte en vreemde ruimtewesens nie. Dit reflekteer ongelukkig die werklikheid van die Hoërskool lewe. En hoe slagoffers van teistering en verkragting desperaat is vir ‘n oplossing om hul leiding te beëindig. Daar is elke nou en dan ‘n student wat hom-of haarself wend na drastiese stappe weens die feit dat hulle geboelie word.

Daar is hulplyne in Suid-Afrika, maar is dit nie die skole se verantwoordelikheid om toe te sien dat kinders uitsien om skool by te woon en veilig te wees nie. In sommige gevalle word daar nie baie gedoen deur skole om die kinders teen teistering te beskerm nie. Kyk nou weer soos met Hannah se skool, wat op die ou einde nie verantwoordelikheid wou aanvaar vir Hannah se dood nie.

Ek het hierdie week gelees dat ‘n 14-jarige student in Engeland selfmoord gepleeg het weens die feit dat hy geboelie was op skool. Die kind het voor ‘n trein ingespring ten aanskoue van sy klasmaats, en dit terwyl dit voorkom kon word as daar ernstiger opgetree was deur die skool self. Sulke gevalle gebeur ook in Suid-Afrika, soos met die geval van ‘n skool student van Klipspruit wat na bewering deur ‘n onderwyser geboelie was, wat daartoe gelei het dat sy selfmoord gepleeg het. Sekerlik moes daar teen die onderwyser opgetree het voor als dit gebeur nie, maar dit was hopeloos te laat vir die tiener.

Skole in Suid-Afrika moet optree teen gevalle van teistering, veral kuberteistering. Dit is goed en wel as die boelies gevang word en geskors word, maar vir hoe lank word hulle geskors en wat doen hulle as dit nie ophou nie. Wat dan van die slagoffers? Is dit ooit goed genoeg vir hulle om met die onderwysers te praat wat besig is om te gebeur, of is dit goed genoeg dat gevalle van teistering by die nodige departemente aan te meld?

Teistering het ‘n effek op elke kind en tiener, en ek glo uit ‘n persoonlike oogpunt dat daar swaarder opgetree moet word. Anders gaan slagoffers nooit voel dat hulle veilig is of hul skoolloopbane te geniet nie.

No comments:

Post a Comment