Tuesday, December 31, 2019

Vir die laaste keer


Ek wou hierdie inskrywing glad nie doen nie. Kom ons begin nou maar daar want dit is Nuwe Jaar’s dag, ek is ongelooflik moeg na ‘n heerlike aandjie saam met familie en ek het net vier ure se slaap ingekry. Ek wou hierdie dag rustig spandeer saam met my familie en kan dit nogsteeds doen, maar ek moet eers iets van my bors afkry en hopelik sal dit my laaste keer wees in my leeftyd dat ek ooit enige iets verduidelik of op die verdediging wees as ek voel my karakter word aangeval, soos met laat gisteraand met iemand wat my op sosiale media geteister en swartgesmeer het. Iemand wat my tot gisteraand toe as die slegte ene uitmaak sodra ek of my vriende vir my opstaan en verdedig.

Laat ek begin deur om te sê dat ek ten volle bewus is wat deur die loop van gisteraand gebeur het. Ek is eintlik geskok dat Stephanie De Kock laag sal daal om my die “feeks” in haar verhaal te maak tot op die laaste dag van 2019, ‘n jaar wat vir my uiters traumaties and baie hartseer was. Ek sal seker maar so bly en ek dink sy sal doodseker maak dat my reputasie sal skade ly as mense haar glo en haar ondersteun, sonder om eers my kant van die storie te kry. So hier is my kant van die storie vir die heel laaste keer en hopelik kan ek die res van die dag spandeer met my familie met vrede in my hart en hoop in my oë vir die Nuwe Jaar.

Verlede jaar was vir my persoonlik die slegste jaar wat ek in baie jare gehad het. Ek het verliese gely met die dood van my vriend en twee geliefde dierekinders. Ek het ‘n operasie ondergaan met die herstel wat langer geneem het as wat ek gedink het dit sou. Ek was in ‘n ongeluk skaars twee weke nadat ek my geliefde Labrador, Sahara verloor het. Haar dood was die laaste strooi gewees en my hart was in stukke gebreek. Ek was na aan bitterheid en haat vir die jaar en hoe dit verloop het. Die ongeluk was net ‘n kersie op die koek gewees.

Ek was ook deur ongelooflike baie stres by die werk gewees en met tye wou ek net die vlaktes inhardloop en nooit weer terugkom nie. Ek was moeg meeste van die tyd en het in die laaste paar maande van die jaar met ‘n groot gesukkel om uit die bed uit te kom soggens en in die aande moeilik geslaap juis omdat daar so baie scenarios deur my kop gegaan het oor wat kon gebeur het die volgende dag.

Met als wat in 2019 gebeur het, met die stres en die trauma, het my gesondheid ook ‘n baie groot knou weg. Ek het na my operasie gewig verloor weens die feit dat ek vir dae aaneen op ‘n dieët van sagte kosse en water geleef het totdat die dokter vir my gesê het dat dit veilig is om meer vaste kosse te eet.

Na Sahara se afsterwe en die stres by die werk het my gesondheid daaronder gely met die feit dat ek party dae nie honger was om te eet nie en dat ek nog gewig verloor het. Ek was ook eendag so moeg by die werk gewees na ‘n baie besige dag dat ek skaars kon beweeg. Dit is hoe erg dinge gegaan het. Dinge het so besig gegaan, met die stres ontwikkel ek ook migraines wat vir dae aaneen kan aanhou. Die laaste ding wat ek nodig gehad het was om die blatante leuen van myself op ‘n blog inskrywing moes lees: dat ek ‘n boelie is wat ‘n rol gespeel het daarin dat Stephanie in die noodgevalle eenheid beland het. Sy het met daardie valse feit gekom tot gisteraand toe. En dit is hoekom ek nou hier sit, op nuwe jaar’s oggend, besig om my kant van als dit te verduidelik.

Laat ek ook eers begin deur om te sê dat ek nie sê dat Stephanie gelieg het oor haar siekte nie. Maar die feit dat sy gesê het dat sy ons geblok het omdat haar gesondheid daaronder gely het, kan sterk betwyfel word. Tydens verlede jaar het ek ‘n ruk lank vermoed dat my Twitter profiele dopgehou word. Een van my ander vriende, John (anonymous) het skermgrepe na my gestuur wat baie agterdog by my gewek het. Ongelukkig kon ek dit glad nie bewys nie so daar was basies niks wat ek kon doen nie. Ek het voorgegaan met my lewe soos altyd.

In November verlede jaar het ek op ‘n profiel met die naam van Natalie Kes afgekom nadat ek twee blog inskrywings gedeel het op Twitter. My blog profiele was op daardie tydstip op privaat gestel. Soos dit in die blog Geloofwaardigheid genoem is, is dit onseker of ek vergeet het om daardie twee blogs op publiek te stel of ek nog nie reg was om dit te doen nie, maar met klein genadetjies het ek op daardie profiel afgekom. Ek het ook agtergekom dat hierdie Natalie Kes profiel my groot twitter profiel dopgehou het en gou besef het dat Stephanie via Natalie kon weet wat op my profiel aangaan. Ek kry nogsteeds koue rillings as ek daaroor dink vandag.

Ek het daardie profiel Sondagmiddag geblok want ek wou nie meer vir Stephanie daardie geleentheid gee om deur my tweets te gaan en my af te kraak op Twitter nie, soos sy tydens 2017 en 2018 gedoen het nie. Ek het voortgegaan met my lewe sonder enige noemenswaardige insidente of konfrotasies na dit.

Een Dinsdagmiddag het ek nog ‘n boodskap ontvang van John af met ‘n skermgreep van ‘n sê-ding wat Stephanie op haar instagram gedeel het, en wat ek alleenlik op Twitter gedeel het. John het in die boodskap gevra of hierdie sê-ding nie aan my hoort nie. Ek het daardie sê-ding aanmekaar gesit via ‘n app met die naam van Quotes Creator, wat vir my afleiding is en wat ek baie geniet om te doen. Van die quotes het ek gedeel op ander platforms ook, maar hierdie een het ek alleenlik net op Twitter gedeel.

Daardie deel alleen was genoeg om my te oortuig dat die Natalie Kes profiel wel aan Stephanie behoort het en dat ek die regte ding gedoen het om daardie profiel te blok. Daardie profiel was in Desember 2018 oopgemaak en in Februarie 2019, twee maande later, het Stephanie in van haar blog inskrywings genoem dat sy en JC geblok het nadat sy in die noodgevalle eenheid beland het. Maar ongelukkig het Stephanie ‘n oop en valse twitter profiel gehad om te loer wat ek sê op Twitter wat basies ook beteken het dat Stephanie basies gelieg het oor dat sy ons geblok het.

Ek weet nie wat meer my kwaad gemaak het tot op vanoggend, 1 Januarie 2020 nie. Die feit dat Stephanie my as die feeks in haar verhaal gemaak het of dat sy blatant gelieg het aan die wêreld deur om te sê dat sy ons geheel en al geblok het van alle platforms af nie omdat ons haar blykbaar geboelie het (wat onwaar is), en dit terwyl sy met nog ‘n profiel gesit het waar sy my moontlik van vooraf kon afkraak het.

Die feit dat ek uitgemaak is as ‘n boelie deur Stephanie dra geen gewig nie. Dra absoluut geen gewig in die sin van die woord dat ek deur die loop van 2019 ook my wordpress domain name moes verander het en ‘n paar verstellings moes aanbring sodat Stephanie ook nie my blogs kon opspoor het nie. Dit dra geen gewig as ons met ‘n magdom bewyse sit van haar afknouerigheid teenoor my nie.

Hoe meer ek dit doen, hoe meer lyk dit vir my asof Stephanie weier om van haar haat en jaloesie te laat gaan en voort te gaan met haar lewe. As valse profiele lings en regs opduik en my begin volg, dan kan ek amper nie help om byna bang te voel nie.

Ek is nie iemand wat op sosiale media sal gaan en mense teister nie. Ek het nie die tyd daarvoor nie. Punt. Tweedens, ek sal nie my reputasie sommerso op die spel plaas en mense teister op sosiale media platforms. Daar is mense wat genoeg vir my sal omgee om te keer dat dit ooit sal gebeur. En daar is mense wat hul hele lewe lank vir my goed genoeg ken dat ek glad nie instaat is daartoe om mense te teister nie.

Ek is ook nie iemand wat “mense in boksies” sal druk en my beginsels aan mense afdwing nie. Almal het ‘n vrye wil en keuse as hulle my wil ondersteun of saamstem met my. Dit staan hulle vry om dit te doen. Ek het nog nooit enige iets aan Stephanie afgedwing nie, al maak sy daardie uitlating hoeveel keer op Twitter en op ander platforms. As ek my beginsels aan Stephanie afgedwing het, hoekom het ek uit my pad uit gegaan om haar te blok van alle sosiale media platforms af? Dit maak glad nie vir my sin nie. Derdens, ek het nog nooit in my hele lewe vir die regerende party gestem nie, al is daardie uitlating vir so baie jare deur Stephanie gemaak dat hulle ondersteun. Dit is die grootste lot nonsens wat ek al ooit oor myself op die internet gelees het. Ek kan dit julle verseker dat daardie leuen presies dit is, ‘n blatante leuen.

Soos ek aan die begin van hierdie inskrywing genoem het, wil ek nie hierdie jaar spandeer om myself heeltyd aan die wêreld te verduidelik as daar leuens oor my versprei is nie. Met genade kan ek bewys dat Stephanie leuens oor my versprei het oor dat ek mense teister en hopelik sal hierdie inskrywing dit stopsit.

Want ek is nou moeg en geïrriteerd daarby ook dat ek die hele tyd myself verdedig. Ek wou glad nie my oggend van die nuwe jaar so spandeer het nie. Maar ek voel dat dit moet gedoen word voordat Stephanie se leuens oor my mense se ore bereik en voordat haar leuens aaklige nagevolge vir my en my reputasie sal hê.

Ek het nog nie sedertdien my inskrywing in Augustus getiteld Perspektief my kant van die saak gestel nie. Die feite neergelê het soos dit gebeur het nie. Ek het besluit om negatiewe mense soos Stephanie uit te sny en my lewe as positief as moontlik te lei. Ek moet hierdie inskrywing doen om ‘n bietjie meer detail te verleen aan wat vanoggend vroeg gebeur het.

En dat ek hoop die waarheid, en die waarheid alleen my sal vrymaak. Want hulle sê as jy ‘n leuen vertel, sal jou waarhede sterk betwyfel word. So dit is maar baie beter om die waarheid te vertel op die ou einde.