tag:blogger.com,1999:blog-20810087009599513772024-03-21T06:44:12.647-07:00Fight Against Bullying And Harassment Raising awareness about bullying, harassment, online harassment and CyberbullyingJC Liebenberghttp://www.blogger.com/profile/05796850536445169725noreply@blogger.comBlogger11125tag:blogger.com,1999:blog-2081008700959951377.post-5668102853817038422020-01-12T07:55:00.000-08:002020-01-12T07:55:01.848-08:00My Weergawe (Alweer)‘n Week of twee gelede het Yolandi, mede-admin van die blog, vir my gesê dat sy net op sosiale media wees sonder dat sy afgekraak of geoordeel word. Dit is baie waar. Almal wil dit hê. Die reg op Vryheid van Spraak sonder om heeltyd af te kraak te word. Ons vriend, J, het om meegedeel dat die boelie nogsteeds tot vandag toe uitmaak dat Yolandi ‘n bitter mens is en dat sy leuens versprei nadat ons soliede bewyse gedeel het dat Stephanie de Kock versuim het om te vertel dat sy ‘n profiel het waar sy Yolandi dopgehou het en verder ‘n paar keer afgekraak het.
Yolandi het op 1 January 2020 genoem dat sy haar eie aanhaling met ‘n foto ontwerp het via die app Quotes Creator. Sy het daardie aanhaling alleenlik op Twitter gedeel en nêrens anders nie. Later het Yolandi ontdek dat ‘n profiel met die naam van Natalie Kes ‘n versoek gestuur het om twee profiele te volg. Daardie twitter profiele was op privaat gestel en niemand het juis daarvan geweet nie, wat ‘n hele paar rooi vlaggies laat oprys het by Yolandi. Sy het sonder enige insidente daardie profiele geblok.
Dae later het John vir ons ‘n skermgreep gestuur van Stephanie se Instagram profiel waar die einste foto van Yolandi se aanhaling op was. Dit was meer as genoeg rede om die valse profiel te blok. Yolandi het aangegaan met haar lewe en geniet tans haar vakansie. Yolandi geniet haar tyd met haar familie, soos met die fotos wat sy opgesit het op haar eie twitter profiel vanmiddag. Op daardie fotos het Yolandi heel ontspanne gelyk en die geselskap met haar familie baie geniet.
Soos ek verwag het, het Stephanie ontken dat sy haar aksies ‘n bietjie te ver geneem het. So ek gaan nou dit aan my oorlaat om vir Yolandi op te staan:
Aan Stephanie De Kock se kennis, wat ook al jou naam mag wees, ek ken vir Yolandi meer as 10 jaar. Yolandi is een van die aangenaamste mense wat ek ken en sy verdien dit nie om blatant geteiken te word deur Stephanie nie. Yolandi is nie daartoe in staat om mense te teiken op sosiale media en te boelie nie.
Ongelukkig het Stephanie versuim om vir jou te sê dat Yolandi vir baie jare aaneen geteiken was. Ek is nie die enigste mens wat Stephanie daaroor moes vasvat nie. As iemand gevra het wie hierdie boelie is wat Yolandi geteister het op Twitter in Augustus 2016, moet dit baie sê van Stephanie self. Ek het self aan die einde van 2018 vir Stephanie aangevat oordat sy vir Yolandi teiken en soos dit nou vandag vir my lyk, gaan dit nie ophou nie.
Yolandi het genadiglik reg opgetree deur om haar kant van die saak te stel, voordat Stephanie se valse stories Yolandi se reputasie skade sal berokken. Yolandi is ‘n sagmoedige mens wat baie omgee vir ander. Ongelukkig moet Yolandi baklei vir haarself wanneer daar leuens oor haar versprei is. Yolandi is glad nie ‘n bitter mens soos wat Stephanie beweer het nie, al het Yolandi ‘n moeilike lewe gehad. Yolandi lewe nie in bitterheid en haat nie, ietsie wat Stephanie kan leer om te doen.
Baie van ons vriende is bewus wat Stephanie aan Yolandi gedoen het. Baie vriende het gesien hoe Stephanie vir Yolandi afkraak op Twitter en Facebook. Ek praat namens Yolandi omdat sy haar standpunt gemaak het en nie verder kans sien om dit te doen nie.
As jy hierdie inskrywing eendag raaksien kan jy gerus hierdie boodskap oordra aan Stephanie noudat ons jou aandag ook het. Sê vir Stephanie om vir Yolandi uit te los. Sê vir haar om daardie vendetta teen Yolandi te laat vaar, want dit gaan haar net slegter lyk as wat sy al klaar lyk in baie mense se oë hier. Sê vir Stephanie om op te hou om blatant vir Yolandi te teiken, want dit gaan van haar net maak waarvan sy Yolandi beskuldig. ‘n Bitter mens.
Dra hierdie boodskap aan haar oor dat beide genoeg gehad het van Stephanie se afknouerigheid. Ek besef die waarheid sal ‘n bitter pil wees om te sluk, maar my en Yolandi se weergawe bly die waarheid. Ons sal nooit liegstories versprei nie. Yolandi het op 1 Januarie opgestaan vir haarself. Sy was in haar regte om dit te doen nadat Stephanie leuens oor haar verkondig het.
Sê vir Stephanie om eerder te fokus op dinge wat na aan haar hart lê en om op te hou vir Yolandi te teiken. Yolandi het die volwasse ding gedoen om juis van negatiewe en bitter mense soos Stephanie weg te stap en aan te gaan met haar lewe. Stephanie het soos ‘n skoolkind opgetree en aangehou om vinger te wys na Yolandi.
Yolandi is geensins bereid om verder geteiken te word nie. Want dit wil vir my lyk elke keer as Yolandi dit doen, word sy uitgemaak as die feeks in die verhaal en geblameer vir wat ook al met Stephanie gebeur. Stephanie het al verskeie kere op wordpress gesê dat sy ons op sosiale media geblok het, maar hoe het Stephanie geweet van daardie twee profiele wat op privaat gestel is en niemand het daarvan geweet nie?
Ek hoop Stephanie kan haarself die laasgenoemde vraag afvra en besef wat sy aan Yolandi doen.
JC Liebenberghttp://www.blogger.com/profile/05796850536445169725noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-2081008700959951377.post-25622830494650860152019-12-31T21:34:00.001-08:002020-01-01T05:48:42.671-08:00Vir die laaste keer
Ek wou hierdie inskrywing glad nie doen nie. Kom ons begin
nou maar daar want dit is Nuwe Jaar’s dag, ek is ongelooflik moeg na ‘n
heerlike aandjie saam met familie en ek het net vier ure se slaap ingekry. Ek
wou hierdie dag rustig spandeer saam met my familie en kan dit nogsteeds doen,
maar ek moet eers iets van my bors afkry en hopelik sal dit my laaste keer wees
in my leeftyd dat ek ooit enige iets verduidelik of op die verdediging wees as
ek voel my karakter word aangeval, soos met laat gisteraand met iemand wat my
op sosiale media geteister en swartgesmeer het. Iemand wat my tot gisteraand
toe as die slegte ene uitmaak sodra ek of my vriende vir my opstaan en
verdedig. <o:p></o:p>
Laat ek begin deur om te sê dat ek ten volle bewus is wat
deur die loop van gisteraand gebeur het. Ek is eintlik geskok dat Stephanie De
Kock laag sal daal om my die “feeks” in haar verhaal te maak tot op die laaste
dag van 2019, ‘n jaar wat vir my uiters traumaties and baie hartseer was. Ek
sal seker maar so bly en ek dink sy sal doodseker maak dat my reputasie sal
skade ly as mense haar glo en haar ondersteun, sonder om eers my kant van die
storie te kry. So hier is my kant van die storie vir die heel laaste keer en
hopelik kan ek die res van die dag spandeer met my familie met vrede in my hart
en hoop in my oë vir die Nuwe Jaar.<o:p></o:p>
Verlede jaar was vir my persoonlik die slegste jaar wat ek
in baie jare gehad het. Ek het verliese gely met die dood van my vriend en twee
geliefde dierekinders. Ek het ‘n operasie ondergaan met die herstel wat langer
geneem het as wat ek gedink het dit sou. Ek was in ‘n ongeluk skaars twee weke
nadat ek my geliefde Labrador, Sahara verloor het. Haar dood was die laaste
strooi gewees en my hart was in stukke gebreek. Ek was na aan bitterheid en
haat vir die jaar en hoe dit verloop het. Die ongeluk was net ‘n kersie op die
koek gewees.<o:p></o:p>
Ek was ook deur ongelooflike baie stres by die werk gewees
en met tye wou ek net die vlaktes inhardloop en nooit weer terugkom nie. Ek was
moeg meeste van die tyd en het in die laaste paar maande van die jaar met ‘n
groot gesukkel om uit die bed uit te kom soggens en in die aande moeilik geslaap
juis omdat daar so baie scenarios deur my kop gegaan het oor wat kon gebeur het
die volgende dag. <o:p></o:p>
Met als wat in 2019 gebeur het, met die stres en die trauma,
het my gesondheid ook ‘n baie groot knou weg. Ek het na my operasie gewig
verloor weens die feit dat ek vir dae aaneen op ‘n dieët van sagte kosse en
water geleef het totdat die dokter vir my gesê het dat dit veilig is om meer
vaste kosse te eet. <o:p></o:p>
Na Sahara se afsterwe en die stres by die werk het my
gesondheid daaronder gely met die feit dat ek party dae nie honger was om te
eet nie en dat ek nog gewig verloor het. Ek was ook eendag so moeg by die werk
gewees na ‘n baie besige dag dat ek skaars kon beweeg. Dit is hoe erg dinge
gegaan het. Dinge het so besig gegaan, met die stres ontwikkel ek ook migraines
wat vir dae aaneen kan aanhou. Die laaste ding wat ek nodig gehad het was om die
blatante leuen van myself op ‘n blog inskrywing moes lees: dat ek ‘n boelie is
wat ‘n rol gespeel het daarin dat Stephanie in die noodgevalle eenheid beland
het. Sy het met daardie valse feit gekom tot gisteraand toe. En dit is hoekom
ek nou hier sit, op nuwe jaar’s oggend, besig om my kant van als dit te verduidelik.<o:p></o:p>
Laat ek ook eers begin deur om te sê dat ek nie sê dat
Stephanie gelieg het oor haar siekte nie. Maar die feit dat sy gesê het dat sy
ons geblok het omdat haar gesondheid daaronder gely het, kan sterk betwyfel
word. Tydens verlede jaar het ek ‘n ruk lank vermoed dat my Twitter profiele
dopgehou word. Een van my ander vriende, John (anonymous) het skermgrepe na my
gestuur wat baie agterdog by my gewek het. Ongelukkig kon ek dit glad nie bewys
nie so daar was basies niks wat ek kon doen nie. Ek het voorgegaan met my lewe
soos altyd.<o:p></o:p>
In November verlede jaar het ek op ‘n profiel met die naam
van Natalie Kes afgekom nadat ek twee blog inskrywings gedeel het op Twitter.
My blog profiele was op daardie tydstip op privaat gestel. Soos dit in die blog
Geloofwaardigheid genoem is, is dit onseker of ek vergeet het om daardie twee
blogs op publiek te stel of ek nog nie reg was om dit te doen nie, maar met
klein genadetjies het ek op daardie profiel afgekom. Ek het ook agtergekom dat
hierdie Natalie Kes profiel my groot twitter profiel dopgehou het en gou besef
het dat Stephanie via Natalie kon weet wat op my profiel aangaan. Ek kry
nogsteeds koue rillings as ek daaroor dink vandag. <o:p></o:p>
Ek het daardie profiel Sondagmiddag geblok want ek wou nie
meer vir Stephanie daardie geleentheid gee om deur my tweets te gaan en my af
te kraak op Twitter nie, soos sy tydens 2017 en 2018 gedoen het nie. Ek het
voortgegaan met my lewe sonder enige noemenswaardige insidente of konfrotasies
na dit. <o:p></o:p>
Een Dinsdagmiddag het ek nog ‘n boodskap ontvang van John af
met ‘n skermgreep van ‘n sê-ding wat Stephanie op haar instagram gedeel het, en
wat ek alleenlik op Twitter gedeel het. John het in die boodskap gevra of
hierdie sê-ding nie aan my hoort nie. Ek het daardie sê-ding aanmekaar gesit via
‘n app met die naam van Quotes Creator, wat vir my afleiding is en wat ek baie
geniet om te doen. Van die quotes het ek gedeel op ander platforms ook, maar
hierdie een het ek alleenlik net op Twitter gedeel. <o:p></o:p>
Daardie deel alleen was genoeg om my te oortuig dat die Natalie
Kes profiel wel aan Stephanie behoort het en dat ek die regte ding gedoen het
om daardie profiel te blok. Daardie profiel was in Desember 2018 oopgemaak en
in Februarie 2019, twee maande later, het Stephanie in van haar blog
inskrywings genoem dat sy en JC geblok het nadat sy in die noodgevalle eenheid beland
het. Maar ongelukkig het Stephanie ‘n oop en valse twitter profiel gehad om te
loer wat ek sê op Twitter wat basies ook beteken het dat Stephanie basies
gelieg het oor dat sy ons geblok het. <o:p></o:p>
Ek weet nie wat meer my kwaad gemaak het tot op vanoggend, 1
Januarie 2020 nie. Die feit dat Stephanie my as die feeks in haar verhaal
gemaak het of dat sy blatant gelieg het aan die wêreld deur om te sê dat sy ons
geheel en al geblok het van alle platforms af nie omdat ons haar blykbaar
geboelie het (wat onwaar is), en dit terwyl sy met nog ‘n profiel gesit het
waar sy my moontlik van vooraf kon afkraak het. <o:p></o:p>
Die feit dat ek uitgemaak is as ‘n boelie deur Stephanie dra
geen gewig nie. Dra absoluut geen gewig in die sin van die woord dat ek deur
die loop van 2019 ook my wordpress domain name moes verander het en ‘n paar
verstellings moes aanbring sodat Stephanie ook nie my blogs kon opspoor het
nie. Dit dra geen gewig as ons met ‘n magdom bewyse sit van haar afknouerigheid
teenoor my nie. <o:p></o:p>
Hoe meer ek dit doen, hoe meer lyk dit vir my asof Stephanie
weier om van haar haat en jaloesie te laat gaan en voort te gaan met haar lewe.
As valse profiele lings en regs opduik en my begin volg, dan kan ek amper nie
help om byna bang te voel nie.<o:p></o:p>
Ek is nie iemand wat op sosiale media sal gaan en mense
teister nie. Ek het nie die tyd daarvoor nie. Punt. Tweedens, ek sal nie my reputasie
sommerso op die spel plaas en mense teister op sosiale media platforms. Daar is
mense wat genoeg vir my sal omgee om te keer dat dit ooit sal gebeur. En daar
is mense wat hul hele lewe lank vir my goed genoeg ken dat ek glad nie instaat
is daartoe om mense te teister nie. <o:p></o:p>
Ek is ook nie iemand wat “mense in boksies” sal druk en my
beginsels aan mense afdwing nie. Almal het ‘n vrye wil en keuse as hulle my wil
ondersteun of saamstem met my. Dit staan hulle vry om dit te doen. Ek het nog
nooit enige iets aan Stephanie afgedwing nie, al maak sy daardie uitlating
hoeveel keer op Twitter en op ander platforms. As ek my beginsels aan Stephanie
afgedwing het, hoekom het ek uit my pad uit gegaan om haar te blok van alle
sosiale media platforms af? Dit maak glad nie vir my sin nie. Derdens, ek het
nog nooit in my hele lewe vir die regerende party gestem nie, al is daardie
uitlating vir so baie jare deur Stephanie gemaak dat hulle ondersteun. Dit is
die grootste lot nonsens wat ek al ooit oor myself op die internet gelees het.
Ek kan dit julle verseker dat daardie leuen presies dit is, ‘n blatante leuen. <o:p></o:p>
Soos ek aan die begin van hierdie inskrywing genoem het, wil
ek nie hierdie jaar spandeer om myself heeltyd aan die wêreld te verduidelik as
daar leuens oor my versprei is nie. Met genade kan ek bewys dat Stephanie leuens
oor my versprei het oor dat ek mense teister en hopelik sal hierdie inskrywing
dit stopsit. <o:p></o:p>
Want ek is nou moeg en geïrriteerd daarby ook dat ek die
hele tyd myself verdedig. Ek wou glad nie my oggend van die nuwe jaar so spandeer
het nie. Maar ek voel dat dit moet gedoen word voordat Stephanie se leuens oor
my mense se ore bereik en voordat haar leuens aaklige nagevolge vir my en my
reputasie sal hê.<o:p></o:p>
Ek het nog nie sedertdien my inskrywing in Augustus getiteld
Perspektief my kant van die saak gestel nie. Die feite neergelê het soos dit
gebeur het nie. Ek het besluit om negatiewe mense soos Stephanie uit te sny en
my lewe as positief as moontlik te lei. Ek moet hierdie inskrywing doen om ‘n
bietjie meer detail te verleen aan wat vanoggend vroeg gebeur het. <o:p></o:p>
En dat ek hoop die waarheid, en die waarheid alleen my sal
vrymaak. Want hulle sê as jy ‘n leuen vertel, sal jou waarhede sterk betwyfel
word. So dit is maar baie beter om die waarheid te vertel op die ou einde. <o:p></o:p>
Unknownnoreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-2081008700959951377.post-73592697826691896832019-11-30T07:05:00.000-08:002019-11-30T07:05:03.349-08:00Geloofwaardigheid‘n Mens se geloofwaardigheid aan die wêreld is seker maar een van die belangrikste aspekte van om ‘n goeie mens te wees. Dit kan ook tog so maklik bevraagteken word of geruineer word met een oomblik van swakheid of as jy jou hand ‘n bietjie te veel oorspeel het in ‘n kort oomblik.
In Augustus het beide ek en Yolandi die inskrywings “Vier Jaar” en “Perspektief” geskryf wat basies gegaan het oor die teistering wat Yolandi moes deur maak sedert 2014 tot 2018. Ons het basies net die feite neergelê om ons weergawes te vertel nadat beide van ons valslik daarvan beskuldig is dat ons hierdie individu waaroor die inskrywings gegaan het, geteister het. En dat dit bykans onmoonlik was dat ons die skuld moes kry vir hierdie individu se siekte.
Yolandi was die afgelope jaar ongelooflik besig gewees. Sy het ‘n uiterse moeilike jaar gehad en dinge was ook maar baie stresvol aan haar kant. Yolandi het ‘n paar Saterdae gelede ‘n paar inskrywings gedoen wat sy wou gedeel het op Twitter. Die profiele waar sy dit wou gedeel het was op privaat gestel. Dit is nog onseker of Yolandi vergeet het om dit oop te stel na ‘n paar maande of sy nog van plan was om dit te doen, maar daar is iets soos klein genades op die ou einde van die dag.
Yolandi het sowat ‘n goeie paar weke gelede vir my gesê dat sy kan nie die gevoel afskud dat sy deur hierdie individu, wat sy al in 2018 op Twitter geblok het, dopgehou word. Dit was òf deur die individu se vriende òf deur ‘n valse profiel. Ek het aan haar genoem dat sy dalk net ‘n bietjie oorwerk was en dat sy oorstuur was met die hartseer waardeur sy die afgelope paar maande was. Nogsteeds kon Yolandi nie daardie gevoel afskud nie, maar ongelukkig was daar geen bewyse of enige iets aansienliks wat kon wys dat sy dopgehou word nie.
Met die inskrywings getitled Skynheilig en Onthou het Yolandi ‘n volg versoek gesien van ‘n profiel met die naam van Natalie Kes. Die profiel het ook ‘n prentjie met ‘n sê-ding wat in Afrikaans was, as ‘n profiel foto gehad. Die mense wat hierdie profiel gevolg het, het net nie reg geklink nie. Volgens Yolandi was iets nie reg nie en sy het na haar groot profiel gegaan. Die profiel het haar ook gevolg daar.
Hierdie vals profiel sou heelwaarskynlik nooit ontdek was as die twee blog twitter profiele op privaat gestel was nie, dus was dit dalk ‘n goeie ding dat Yolandi dit so gelos het toe sy moes. Sy het my laat weet dat sy die profiel Natalie Kes geblok het van al die moontlike groot profiele af. Op die Dinsdag na die ontdekking haar groot twitter profiel op privaat gestel, juis omrede dat sy wou wegkom van enige negatiewe mense af of van valse mense af wie se sê en doen twee verskillende dinge is.
Hierdie individu, kan ek sê, het haar hand oorspeel en sy was op die onverwagste manier ooit uitgevang want in Februarie vanjaar het hierdie individu een of twee inskrywings op haar eie blog gedoen waar sy genoem het dat sy “alle boelies uitsny” uit haar lewe uit weens haar gesondheid. Na ‘n verdere ondersoek was hierdie Natalie Kes profiel in Desember 2018 geskep. Daar bestaan wel ‘n baie goeie rede dat hierdie individu se geloofwaardigheid aan die wêreld baie sterk betwyfel kan word in die sin van die woord dat haar blog en haar inskrywings op sosiale media nie eintlik veel kredietwaardigheid kan hê nie.
Yolandi probeer eintlik baie hard om weer haar lewe op dreef te kry na so baie terugslae vanjaar. Die laaste ding wat sy nou op hierdie oomblik nodig het, is om van vooraf deur hel te gaan waardeur sy was vir vier jaar, net om weer die leuen op die internet te lees dat sy ‘n boelie is wat mense teister op sosiale media. Of die blaam te kry sou die individu weer siek raak of so iets.
Yolandi is ook ongelooflik baie moeg na ‘n dreinerende jaar. Die beste ding wat sy kon doen na die ontdekking van daardie vals profiel, was om dit te blok soveel as moontlik. Hierdie inskrywing is ongelukking nie ‘n inskrywing waar feite uit my duim uitgesuig is nie. Daar is meer tot die inskrywing as die voorgevoel wat Yolandi gehad het.
Yolandi kon net haar kop skud in totale magteloosheid toe sy besef het dat sy al die tyd reg was. Al wat sy wil doen meer as enige iets anders is om net voort te gaan met haar lewe en die dinge te doen wat sy graag wil doen. Yolandi wil weer haar lewe op dreef kry en nie teruggehou word nie. Ongelukkig gaan daar mense wees wat nie wil laat gaan nie en hierdie individu is een van hulle.
Perspektief
Vier Jaar
JC Liebenberghttp://www.blogger.com/profile/05796850536445169725noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-2081008700959951377.post-25433080816696992212019-11-23T04:51:00.005-08:002019-11-23T04:51:59.412-08:00Waardes
Hierdie week was interesant gewees in die sin van die woord dat
ek net basies baie moeg was om heeltyd op negatiwiteit te leef. Ek het wel my
eie Twitter profiel, wat vir vier jaar op publiek gestel was vir almal om my te
volg, op privaat te stel. Daardie besluit het nie baie gou en inpulsief gekom
nie. Dit kom nou al vir ‘n tyd al. Maar dit is tydelik totdat ek besluit het wanneer
Hierdie jaar was ‘n minus vyf op die positiewe skaal. Dit is
nou eers November en daar is dae dat ek wens hierdie verdomde jaar kom tot ‘n
einde. Dan is daar ander dae waar dinge vir my opkyk en ek rede het om positief
te bly. Ek probeer baie hard om optimisties te bly in ‘n aansienlike negatiewe
wêreld wat nog verder aangevoer word deur ‘n baie negatiewe jaar.<o:p></o:p>
Ek probeer my lewe op die positiewe pad hou en dit is om
nuwe uitdagings aan te pak, meer te ontspan oor naweke en soos byvoorbeeld
klein dingetjies te doen soos om myself te bederf met ‘n komedie elke aand na
werk. Dit werk op ‘n manier want dit is hierdie klein dinge in die lewe wat my
nou aan die gang hou meer as enige iets anders.<o:p></o:p>
Die belangrikste aspek van om positief te bly is ook seker
maar om negatiewe mense uit te sny uit jou lewe uit, en dit meer spesifiek op
sosiale media. Ek was altyd bereid om heeltyd vir myself te baklei sonder om op
te hou en op die ou einde amper te verloor wie ek was. Ek is nie seker of ek
net hierdie week baie moeg was nie. Hierdie jaar het ‘n nommer op my gedoen so
dit kon ‘n rol gespeel het oor hoe ek gevoel het. Ek het net besluit om
negatiewe mense uit te sny (of te blok) op sosiale media en vorentoe te kyk. En
nie weer terug te kyk op dinge wat gewees het nie.<o:p></o:p>
Die waarheid is dat ek nie meer kan fokus op die negatiewe
nie, veral nie negatiewe mense nie. Ek sal raai dat dit als neerkom op
selfwaardigheid op die ou einde van die dag. Selfwaardigheid was iets waarvoor
ek baklei het, veral op sosiale media. Ek moes gedurig myself verdedig teen
leuens en opgemaakte feite. Die feit dat daar so hard probeer was om my die
feeks in die verhaal te maak was besig om my onder te kry, veral in hierdie
jaar. Die beste was om weg te stap vanuit ‘n uiterse negatiewe situasie voordat
ek myself heeltemal verloor het, asook my selfwaardigheid in die proses.<o:p></o:p>
My waardes is vir my meer van belang as om ongesonde debatte
te voer met mense wat daarop sal uitgaan om van my die slegte een te maak, en
ek ken myself beter as dit. My leef volgens my waardes deur om almal in
dieselfde lig te sien, ongeag wat hul agtergronde of ras is. Ek is nie perfek
nie, maar my waardes maak van my ‘n baie beter mens. En dit sal ek nooit opgee
vir enige iets nie.<o:p></o:p>
Ek sal aanhou baklei vir dit waarin ek glo. Ek sal harder
baklei vir vroue en kinders wat deur geweld geraak word. Ek sal nog harder
baklei as mense verkies om die blaam op slagoffers te lê as om die oortreder
verantwoordelik te hou vir die dade wat sy of hy gepleeg het. Ek besef nou dat
daar beter maniere is om nie jou waardes op te offer nie.<o:p></o:p>
Die beste ding wat ek kon ooit gedoen het, en ek moes sekerlik
dit in die eerste plek gedoen het, was om negatiewe mense uit te sny uit my
lewe uit. Dit is nooit te laat om dit te doen nie. Ek glo vas dinge kan van nou
af net beter gaan. Al wat ek net moet doen is om nie terug te kyk nie. Ek is
nie kwaad oor wat als gebeur het nie. Ek is eintlik op ‘n baie goeie plek in my
lewe, al is daar dae dat dinge nie altyd 100% vlot verloop nie. Ek is op ‘n
beter plek in my lewe as wat ek gewees het so ‘n week of twee gelede. <o:p></o:p>
En dit is al wat saakmaak. <o:p></o:p>
Unknownnoreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-2081008700959951377.post-67718908534828813382019-11-16T02:58:00.001-08:002019-11-16T04:39:42.925-08:00Skynheilig
Een aspek van die mensdom wat my rooi sal laat sien is die
skynheiligheid van mense. Soos byvoorbeeld as mense met vroom gesigte voor in
die kerk sit met hul Bybels op hul skote besig om na die dominee se preek oor
vergifnis en medemenslikheid te luister, net om na die diens hulself skuldig
maak daaraan om mense te “bespreek” en te oordeel, dan wonder ek hoekom hulle
in die eerste plek Kerk toe gegaan.<o:p></o:p>
Of as mense vir God vra vir ‘n bietjie meer geduld met mense,
net om 5 minute later ongeduldig in ‘n lang ry in die Spar te staan en wag en
diep binne-in hulself te wens die mense wil net verdwyn. Ek is ook nie iemand
wat daarvan sal hou om in ‘n lang ry in ‘n winkel te staan en wag nie, maar dit
is een van daardie dinge.<o:p></o:p>
Skynheiligheid is wanneer iemand hierdie Christelike
boodskappies op Facebook of Twitter sal sit om vir die wêreld daar buite te wys
watter goeie mens jy voorgee om te wees, maar tog sal daardie persoon iemand
teiken, afknou of afkraak net omdat die persoon heeltemal verskillend is en
heeltemal ander standaarde het as wat jy het. Almal het daardie reg op vryheid.
Niemand het daardie reg om mense af te knou en blatant net te boelie net omdat
daardie persoon braaf genoeg is om op te staan vir dit wat reg is.<o:p></o:p>
Ek kan nie altyd vinger wys nie. Ek is nie perfek nie. Ek
raak maklik ongeduldig met mense. En die einde van die jaar moegheid sal seker
ook nie as ‘n verskoning dien nie. Ek kan nie kook nie, maar niks leer my om te
leer kook nie so dit is nie ‘n verskoning nie. As ek kwaad is, dan sal ek so
een of twee kragwoorde tussenin gooi. As ek opgewerk raak oor iets, of ek raak
uitgestres, dan vergryp ek myself byna aan ‘n hele slab sjokolade. Ek het my
foute. Ek het my tekortkominge. <o:p></o:p>
Maar een aspek wat my omkrap van mense as hulle voorgee as
iemand wat hulle nie werklik is nie, veral op sosiale media. Ek glo jy moet
mense met die nodige respek behandel en reg behandel, dan sal die respek na jou
kant ook toe kom. Om Bybelversies op sosiale media te sit, maar 5 minute later
op Huisgenoot se Facebook forum iemand sleg te sê en af te knou net omdat
daardie persoon nie met jou saamstem nie, maak van jou eerder ‘n mens met valse
intensies en in my oogpunt beteken al daardie Christelike boodskappies en
Bybelversies wat jy so elke oggend opsit maar niks.<o:p></o:p>
Dit sal jou niks in die sak bring as jy mense sleg behandel
in die regte lewe, sowel as op sosiale media nie. Of as jy mense afkraak en hul
swartsmeer op sosiale media nie. Dink ‘n bietjie so daarna voor jy weer daardie
boodskappie van hoop en vergifnis op jou Facebook of Twitter profiel sit. <o:p></o:p>
Unknownnoreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-2081008700959951377.post-68988180778817386612019-10-19T05:57:00.004-07:002019-10-19T05:57:56.719-07:00Keuses
Hierdie jaar was nie baie maklik nie. Dit was hel op aarde. Okay,
dit klink ‘n bietjie melodramaties as wat dit werklik is maar julle kry die
prentjie. Dit klink oordramaties, maar ek is nogsteeds hier. Ek haal nog asem,
ek het familie en vriende wat my deur dik en dun bystaan en wat ongelooflik
lief is vir my, ek het ‘n werk en ek het die keuses gegee om my lewe te leef
soos wat ek dit wil leef.<o:p></o:p>
Ek het in my vorige inskrywing “Perspektief” basies die maande
tussen Desember verlede tot Februarie 2019 beskryf in ‘n bietjie meer detail.
Die redes daarvoor word in die inskrywing genoem en ek gaan dit daar los. My
lewe daarna het nie so goed gegaan soos wat ek gehoop het dit sal nie. Ek het in
Maart vanjaar my Jack Russel, Roxy, verloor. Sy was my hart se punt en het diep
in ons almal se harte ingekruip. Dit was vir my en my familie ‘n skielike skok
gewees, maar sy sal vir altyd in ons harte wees. Ons sal nooit vergeet hoe sy
op haar stil manier die liefde uitgestraal na ons wat sy gedoen het nie. <o:p></o:p>
Op Woensdag, 15 Mei 2019, was ek opgeneem in Netcare Family
and Medical Centre vir ‘n operasie om my verstandtande te laat verwyder. Die
herstel was ‘n bietjie meer uitdagend gewees weens aan my gebrek aan geduld en my vrese dat die wonde nie ten
volle sal herstel nie, al het die dokter gesê als het goed afgeloop. Ek het vir
dae daarna meestal net geslaap weens die medikasie. Nie dat ek juis omgegee het
nie. Dit was ook vir my lekker om net te slaap en te vergeet van al die
negatiwiteit van die lewe. <o:p></o:p>
Ek was ook effens bang om meer vaste kosse te eet en het
geleef van roomys, custard en jogurt, en met die opvolg ondersoek het die dokter
vir my gesê ek kan meer vaste kosse eet soos hamburgers byvoorbeeld. My eerste
vaste kos wat ek daardie aand geëet het was sop en brood. ‘n Droom begin nogals.<o:p></o:p>
Maande daarna het dinge effens beter gegaan, en ten spyte
van my vele uitdagings wat my in die gesig gestaar het, het ek dit deur genade
en wonderwerke oorleef. Ek het aangegaan met my lewe en vir die eerste keer het
dit gevoel dat ek na dinge kon uitsien en dat ek die lewe saam met diè wat vir
my saakmaak, kon geniet het.<o:p></o:p>
Ongelukkig het daar weereens nog ‘n terugslag gekom toe my
geliefde Labrador, Sahara, gesterf het in September vanjaar. Dinge het weer vir
my opgekyk vooraf en dit was vir my hele familie ‘n uiterse hartseer tyd
gewees. Ek was vir weke daarna nie myself gewees nie en het baie leeg gevoel, en
die ongeluk ‘n week daarna (waarin ek genadiglik nie ernstig beseer is nie) het
nie veel gehelp nie. Ek was in skok na die ongeluk gewees.<o:p></o:p>
Ek het letterlik 2019 met al sy nonsens en dramas omgewens
juis omdat al hierdie slegte ervarings net vir my teveel geword het. Ek was
letterlik uitgeput met nek spasmas en knoppe op my skouer, en moenie begin met
die kopsere en min slaap nie. Ek kon nie wag vir 31 Desember 2019 nie, waar ek
al die kalenders kon vat en verbrand nie. Soggens het ek gesukkel om op te
staan uit die bed uit. Hierdie jaar, soos wat ek genoem het aan die begin van
die inskrywing, was hel gewees.<o:p></o:p>
Ek skryf hierdie deel van my lewe juis omdat ek myself
daardie keuse gegee het oor hoe ek my lewe kan leef met die jaar wat net ‘n
paar weke oor het as jy hard daaroor dink. Hoe ek 2019 wil uitsien, ten spyte
van al die negatiwiteit. Watter planne ek nog wil maak vir die toekoms. Wil ek
2019 op ‘n negatiewe noot laat eindig vir my of op ‘n positiewe noot. <o:p></o:p>
Ek is tans ongelooflik baie besig by die werk asook besig om
hard te werk aan my blogs om dit suksesvol as moontlik te maak. Ja, daar is uitdagings
wat my tot die uiterse sal toets en baie min tyd om die dinge te doen wat ek
graag sal wil doen, maar ek doen my bes om als dit te vermag. <o:p></o:p>
Ten spyte van my traumatiese tye wat 2019 oor my gebring
het, glo ek vas daar is iets positiefs om voor te leef. Ek het baie verloor en
het gevoel dat hierdie jaar een lang nagmerrie is waarvan ek nooit sal wakker
word nie. Ek bly positief en klou vas aan die hoop dat dinge beter sal raak
want dit is al wat my hoop gee. Ek bly positief, want dit gee my ten minste
iets om na uit te sien en my lewe ten volle te leef en te geniet. Dit vat altyd
die negatiewe en hartseer ervarings om te laat besef dat daar soveel meer is in
die lewe om voor positief te wees. En dit is hoe ek nou voel op hierdie
oomblik.<o:p></o:p>
Unknownnoreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-2081008700959951377.post-91830696230628304622019-10-06T09:26:00.002-07:002019-10-06T09:26:30.260-07:00Die Afgelope Tyd
Die afgelope paar weke was dit ‘n emosionele wipplank gewees, veral met Yolandi. Sy noem in haar inskrywing Hier Om Te Bly dat 2019 vir haar net hel was reg van die begin af tot meer onglangs toe sy haar geliefde hond, Sahara, weens beroerte aan die dood moes afstaan en ‘n week later in ‘n ongeluk was. Dit is net hierdie swaar tye wat dinge net in perspektief stel. Ten spyte van dit als bly Yolandi optimisties oor die toekoms en wat dit gaan inhou. Sy was deur ‘n traumatiese jaar, so dit is ter verstane dat sy totaal en al uitgeput is na als dit. Ek het Vrydagaand met haar gepraat en ek kon hoor sy was moeg. Sy het aan my genoem Vrydagaand dat sy so moeg was Maandagaand dat haar nek seer was en dat sy na etenstyd net op haar bed gelê het, beisg om Showmax te kyk.
Yolandi het aan my genoem dat sy gatvol was om dié wat na aan haar was, te verloor. Sy het immers haar vriend aan kanker verloor, haar een hond, Roxy, in Maart en toe onlangs haar labrador, Sahara. Sy was moeg van al die hartseer wat 2019 vir haar gebring het. Sy het op twitter gesê dat die beste dag van 2019 sal wees die 31ste Desember. ‘n Mens kan daardie soort magteloosheid verstaan na als waardeur sy was die afgelope paar maande.
Yolandi het haar hartseer verlies oor Sahara op haar blog gedeel juis omdat dit vir haar vertroosting sou bring. Dit is nooit ‘n maklike ding om op die internet te deel nie, want daar sal mense wees wat nie verstaan nie of nie wil verstaan nie. Yolandi het soos byvoorbeeld maande terug hulde gebring aan haar vriend net na sy dood. Dit was ook nie vir haar maklik nie. Ek was daar by haar gewees die Sondag van sy dood en sy was die hele dag in trane gewees. So die huldeblyk was moeilik gewees.
Wat jammer is dat nie alle mense sal simpatiek optree nie, en die woorde wat gespreek was op Yolandi se verjaarsdag en skaars twee weke na haar vriend se afsterwe bewys dit. Woorde maak heel, maar woorde maak ook seer en alhoewel Yolandi baie ontsteld was oor wat gebeur het, het sy die regte ding gedoen. Woorde kan vars wonde oopsny en woorde het daardie manier om te wys wie en wat jy werklik is as mens.
Woorde wat gespreek is op die internet en gemik word om die persoon seer te maak is soveel erger. Woorde wat sonder intergiteit gespreek word wys eintlik baie van jou as mens. Op die ou einde van die dag, as woorde vanuit ‘n plek van haat gespreek word, sal ‘n vroom gesiggie en ‘n Bybel onder die arm jou niks help nie.
Woorde op sosiale media kan mense seermaak. Wees versigtig met jou woorde. Spreek woorde met intergiteit, dan sal mense meer respek het vir jou as mens. Yolandi is wel positief oor die toekoms, maar is deur ‘n ongelooflike hartseer jaar en is baie moeg en weerloos as gevolg daarvan. As iemand op ‘n mens se gevoellens trap wat in rou is oor ‘n paar verliese, dan kwalifiseer jy as ‘n boelie sonder ‘n greintjie intergiteit. En dit wil niemand wees nie.
JC Liebenberghttp://www.blogger.com/profile/05796850536445169725noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-2081008700959951377.post-43603396418168732372019-08-24T12:46:00.002-07:002019-08-24T12:47:19.814-07:00PerspektiefVerlede week en Vrydag het my vriend, JC, die besluit geneem om met die volle waarheid vorendag te kom, en dit is nie om ‘n inskrywing te doen met die terms “individu” en “die persoon” nie. Die inskrywing “Vier Jaar” beskryf die teistering en afknouerigheid wat ek moes ervaar vir die afgelope vier, amper vyf jaar. JC het dit op homself geneem om die persoon se naam bekend te maak in die inskrywing, asook skermgrepe te plaas om te bewys dat daar wel waarheid is en dat beide van ons nie die boelies is soos wat daar beweer was nie. Laat ek in hierdie inskrywing noem dat dit vir JC nie ‘n baie maklike besluit was om hierdie opsie te neem nie, maar op een of ander manier moes die waarheid uitkom en hy het dit gedoen omdat hierdie hele ellendige ervaring vir my tot ‘n einde moes kom.
Ek het sedert 2014 vir Reeva Steenkamp en haar familie verdedig en ondersteuning vir hulle gewys na die moord op Reeva en die mense se negatiewe reaksies daarna teenoor haar en haar familie. Ongelukkig vir my het ek nie rekenskap gehou oor hoe mense teenoor my sou optree toe ek my steun gewys het vir Reeva se familie nie. Ek het vir die laaste vier jaar die prys betaal deur dat ek geteister, afgeknou en afgekraak was deur meer spesifiek, Stephanie de Kock. Dit het op Facebook begin en later oor op Twitter oorgegaan.
Ek kan bevestig dat ek in die besit is van skermgrepe waar ek afgeknou was deur Stephanie, sowel as die dag waar ek geteister was dat een meisie uit die bloute gevra het wie die Big Bully girl (sic) is. Tydens 2017 en 2018 was ek basies net afgeknou deur Stephanie gewees, totdat ek haar daardie aand van 25 September 2018 haar geblok het van Fight Against Violence and Abuse se profiel. Die whatsapp boodskap bevestig dit, al het Stephanie met die storie vorendag gekom dat ek haar geblok het die 27ste September 2018. Ek het my rede gegee op die boodskap aan JC.
Ek gaan eerlik wees deur om te noem dat daar wel interaksies tussen my en Stephanie plaasgevind het. Ek is nie oneerlik hieroor nie. Ons interaksies het meestal bestaan uit redenasies wat basies nêrens vir beide van ons geëindig het. Ek het meeste van die tyd vir myself baklei, en meeste van die tyd ook vir ‘n onskuldige slagoffer van moord baklei nadat Stephanie haar en haar familie swartgesmeer het. Daardie feit is gebasseer deur meer as een mens wat Stephanie se optrede teenoor die Steenkamp familie gesien het, buiten nou my en JC.
Stephanie het tot meer onlangs toe genoem dat daar boelies was wat sy moes blok nadat sy siek geraak het op Vrydag, 15 Februarie 2019. Ek het besluit om my weergawe te vertel van Desember 2018 tot die aand van 16 Februarie 2019 in ‘n bietjie meer detail, so dat daar verstaan kan word hoe onmoontlik dit bykans was vir my om enige interaksie met Stephanie te gehad het.
Dit begin als op Donderdag, 13 Desember 2018. Ek het op ‘n welverdiende vakansie gegaan na ‘n baie lang en dreinerende jaar. Ek was moeg gewees en wou net daardie middag ontspan. My laaste interaksie met Stephanie was op Sondagaand, 2 Desember 2018 waar ek haar aangespreek het om my uit te los uit haar inskrywings uit. My vriend, JC, het tot op my verdediging gekom en Stephanie ook aangespreek om my in vrede te los.
Ek het tydens my vakansie my foon afgelos, boeke soos The Classifier van Wessel Ebersohn, Ballade vir ‘n Enkeling van Leon van Nierop en Small Great Things van Jodi Picoult gelees, Fuller House op Netflix gekyk, baie flieks gekyk en die belangrikste van die als, waardevolle tyd saam met my familie gespandeer. Ek het baie min tyd op sosiale media gespandeer en baie min tyd gespandeer op my blogs, en het meer tyd gespandeer om my aandag te gee aan mense wat rêrig vir my saakmaak.
Aan die begin van my vakansie het ek nog ‘n profiel op Twitter van Stephanie ontdek en die profiel onmiddelik geblok van beide my persoonlike profiel en die Against Abuse profiel af. Dit het verloop sonder enige interaksies tussen ons twee. My vakansie het sonder enige voorvalle aangegaan.
My vakansie het tot op ‘n einde in middel-Januarie gekom en ek het terug werk toe gegaan. Op 17 Januarie het ek Stephanie se kanse om enige kommentaar te lewer op my blogs op wordpress geblok. Weereens, het dit verloop sonder enige interaksies of insidente. Ek was meer bekommerd oor my vriend, Shaun, wat sedert Desember in Groote Schuur hospitaal was weens ‘n siekte.
‘n Paar dae later het my onderkaak erg begin pyn. My tande het gepyn en ek kon skaars my kaak beweeg. Dit het gevoel asof die verstandtand aan die onderkant van my regterkaak begin deurgroei het, wat die pyn veroorsaak het. Ek was in daardie tyd baie bekommerd gewees en het op Maandag, 28 Januarie 2019 ‘n afspraak by Parkendorf and Associates, ‘n tandaarts praktyk in die Netcare Family Medical Centre in Kenilworth gemaak.
Op Vrydag, 1 Februarie het ek die middag van my werk afgevat om na die tandaarts toe te gaan. Die tandaarts het my meegedeel dat ek ‘n chirurg moet gaan sien want al vier my verstandtande moet verwyder word onder algemene narkose. Ek het ook boonop infeksie gehad in my tandvleis. Die tandaarts het aan my verduidelik dat die verstandtande aan die onderkaak baie diep sit en dat dit net-net aan my senuwee geraak het, wat groot probleme sou veroorsaak het. Ek het daardie middag groot geskrik toe ek die x-strale gesien het.
Ek was baie bekommerd oor die operasie en op ‘n manier bang gewees. Ek was ook ‘n bietjie bekommerd gewees oor my mediese fonds en wat hulle presies als dek. Ek het die res van daardie middag tyd spandeer met navorsing oor hoe my mediese fonds ‘n operasie van so ‘n aard gaan dek en wat my opsies is. So weereens, het ek nie eintlik tyd gehad vir sosiale media nie.
Op 3 Februarie het ek die slegte nuus ontvang dat my vriend, Shaun, gesterf het die oggend. Ek was baie geskok en baie hartseer gewees oor sy skielike afsterwe en het baie gehuil daardie middag. Ek was deur my familie en vriende bygestaan, en ek kon nie deur die dag kom sonder daardie bystand nie.
Die volgende dag was ek by die werk, al wou ek net by die huis gewees het saam met my familie. Ek was by die werk omring deur mense wat dieselfde soort seer gehad het as ek. Ons almal het mekaar gehad om op te steun. Intussen moes ek ook ‘n afspraak maak met die chirurg vir ‘n konsultasie. Ek het ‘n afspraak gekry vir Donderdag, 21 Februarie 2019 met Dr. Allie Mohamed by Constantiaberg Mediclinic.
Shaun se begrafnis was Saterdag, 9 Februarie. Die diens was in Mitchells Plain gehou waar hy gewoon het. Dit was baie hartseer gewees en Shaun was baie geliefd gewees onder baie van sy vriende en natuurlik sy familie. Shaun was begrawe gewees in Plumstead en die verversings was gehou by die gemeenskapsentrum in Mitchells Plain.
Die week wat gevolg het was ek baie gespanne gewees oor wat presies die chirurg gaan sê oor my operasie. Met al die spanning het ek navorsing gedoen oor verstandtande en mediese fondse in Suid-Afrika wat baie interesant was, terloops. Ek het oor verskillende mediese fondse navorsing gedoen om uit te vind wat hul terme en voorwaardes is met so ‘n operasie. Met die gevolg het ek baie min tyd spandeer op sosiale media en meer tyd gespandeer om myself te bekommer oor sekere aspekte van my operasie.
Op 15 Februarie daardie aand het ek kuiergaste gehad wat my vooraf geluk gewens het met my verjaarsdag. Ons het gesels oor die Stormers wat teen die Bulle gaan speel op Loftus, my afspraak met die chirurg en my kuier saam met my familie. Dit was ‘n baie besige dag by die werk en ek wou net ontspan en rustig wees daardie aand saam met my familie.
Ek het Saterdag, 16 Februarie 2019 my 37ste verjaarsdag gevier saam met my familie. My twee niggies het ook kom kuier en ons het lekker gesels. My suster, swaer en my een-jarige niggie het ook ‘n draai gemaak en ons almal het heerlik gekuier. Met al die hartseer en bekommernisse waardeur ek was die laaste twee weke, was die kuier presies wat ek nodig gehad het om weer te laat besef hoe kosbaar my familie vir my is.
Daardie aand het ek weer ‘n inskrywing van Stephanie gelees waar sy alweer my swartgesmeer het in haar eie blog. Alhoewel haar inskrywing my ontstel het, het ek geen reaksie gewys op enige manier nie. Die enigste reaksie wat ek wel gewys het was om Stephanie geheel en al te verban en te blok waar moontlik. Ek was ontsteld dat diè inskrywing twee weke gekom het na Shaun se dood. My wonde was nog rou gewees na sy dood en ek het daardie inskrywing as ‘n baie lae en gemene hou gesien.
Stephanie was volgens haar inskrywing baie siek gewees. Sy het die dag voor dit in ‘n noodgevalle eenheid geëindig nadat sy siek geword het. Volgens haar het spanning en stres bygedra tot haar siekte en sy het die blaam basies op my gelê omdat sy “geboelie” was.
Soos ek genoem het, my laaste interaksie met Stephanie was 10 weke voor haar opname in die hospitaal. Ek het Stephanie geblok deur die loop van verlede jaar af van twitter en van my een facebook profiel. Ek het Stephanie begin verban van ‘n paar van my blogs af nog voor die hele insident op 16 Februarie, insluitend my wordpress blogs. Dit maak dit dan bykans onmoontlik om enige interaksie te hê met Stephanie.
Ek ontken daarby dat daar enige interaksie tussen my en Stephanie op enige sosiale media platform of blogs was in die laaste agt maande. Ek doen hierdie inskrywing bloot omdat ek wil verder keer dat enige onwaarhede dat ek mense teister op sosiale media versprei word. Dit was ‘n uiterse moeilike ses maande vir my gewees as persoon met die verlies van my vriend en die operasie, wat op 15 Mei 2019 by die Tokai Medical en Dental Centre plaasgevind het.
Hierdie onware bewering dat ek vir Stephanie geboelie het, dra geen gewig nie. Dit dra net gewig as mense haar bewering glo en as dit my en JC se reputasie skade sal doen. Ek is hoopvol dat dit my laaste inskrywing van so ‘n aard sal wees want ek kan net soveel kere my kant van die storie stel. Ek is hoopvol dat my perspektief in ‘n beter lig gestel kan word.
Ek is hoopvol dat ek van nou af vorentoe kan kyk en hoop dat dinge weer vir my sal opkyk. Ek moet ook, sonder dat ek myself weereens moet verduidelik, omsien na my eie gesondheid en welstand. Om geteister te word soos wat ek geteister was, het sy tol geëis op my gesondheid. Ek het baie sinus probleme, en soms kry het migraines as ek gespanne is. Stres maak my kopsere baie erger.
Ek is laastens hoopvol dat hierdie ervaring mense sal leer dat jou waarheid altyd saakmaak op die ou einde. Ek is hoopvol dat mense sal leer om mekaar met die nodige respek te behandel en dat mense ander se menings oor ‘n saak met respek sal hanteer. Almal is geregtig op ‘n mening oor ‘n spesifieke saak, maar niemand besit daardie reg om ander af te breek net omdat jy nie langs dieselfde kampvuur sit nie.
Boeke gelees tydens vakansie
Net na my operasie op 15 Mei 2019 by Netcare Medical and Dental Centre
Unknownnoreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-2081008700959951377.post-41614100407661577082019-08-16T13:07:00.001-07:002019-08-16T13:16:42.406-07:00Vier Jaar
‘n Paar weke gelede het my vriendin en mede-admin van hierdie blog, Yolandi, ‘n inskrywing gemaak op haar persoonlike blog getiteld “Ietsie op die Hart”. Dit beskryf die teistering en afknouerigheid op sosiale media wat sy moes verduur het die laaste vier tot vyf jaar deur ‘n boelie. Yolandi het genoem die blog dat sy deur hel was as gevolg van die teistering en blatante afknouerigheid deur die boelie.
Ek neem dit nou op my skouers om vir Yolandi op te staan en te verdedig nadat sy (alweer) daarvan beskuldig is dat sy wat Yolandi is, die boelie is. Ek ken Yolandi sedert 2009 om te weet dat sy nie tot so iets instaat sal wees nie. Yolandi is ‘n baie sagmoedige mens is wat net goed is vir almal om haar en baie omgee vir haar familie en vriende. Yolandi is ook ‘n baie sterk mens wat sal baklei vir dinge waarin sy glo, maar sy sal nooit haar beginsels aan enige iemand forseer nie. Dit is hoe sy is. Sy het respek vir ander se sienings van die lewe.
Yolandi het nie gister baie lekker gevoel nie en het nie die krag gehad om te reageer op die nuutste aanval nie. Sy was te moeg gewees om nog ‘n blog te skryf oor hierdie onaangename situasie. Yolandi het gister ook ‘n migraine gehad. Yolandi het aan my sowat ‘n paar jaar gelede genoem dat sy sinus probleme het wat soms kopsere veroorsaak. Stres en spanning lei ook daartoe by dat die kopsere erger word vir Yolandi en kan selfs vir dae aanhou. Nou kan julle net indink hoe erg die kopsere was as gevolg van die stres en spanning wat sy moes verduur as gevolg van die teistering?
Yolandi is sedert middel 2014 deur die boelie, Stephanie de Kock, geteister en afgeknou op sosiale media. Ek neem dit op myself om die boelie se naam bekend te maak want hierdie hele ellendige ervaring moet op een of ander manier vir Yolandi tot ‘n einde kom. Die enigste manier is dat die volle waarheid vertel word. Daar is wel ‘n magdom skermgrepe van die jare se teistering, asook skermgrepe dat Stephanie die moordslagoffer, Reeva Steenkamp en haar familie, swartgesmeer het op sosiale media.
Yolandi het ook deur die jare vir Reeva en haar familie opgestaan en verdedig, maar ongelukkig het die teen ‘n prys gekom en sy het ‘n teiken geword van Stephanie se teistering en afknouerige opmerkings. Yolandi het in haar inskrywing genoem dat daar meer as net een mens was wat Stephanie aangevat het en gekonfronteer het oor haar wat Reeva en haar familie swartgesmeer het op sosiale media. Ek kan dit bevestig dat ek ook gesien het hoe mense vir Stephanie aangevat het op sosiale media daaroor.
Ongelukkig het die teistering aangehou vir Yolandi. Op 22 Desember 2015 het Stephanie ‘n lasterlike uitlating op Facebook gemaak dat Yolandi dwelmgebruik goedkeur en dat sy iemand ken wat op dwelms is. Stephanie het ook genoem dat Yolandi sal dink dat dit oulik sal wees vir mense om dwelms gebruik. Dit is beslis ‘n lasterlike aantuiging wat Stephanie in groot moeilikheid sou gebring het sou sy daardie aantuiging teenoor iemand anders gemaak het wat ‘n baie goeie prokureur kon bekostig het. Stephanie het geen bewyse wat daardie valse aantuiging kan staaf nie. Na versigtige oorweging en met toestemming van Yolandi het ons die bewys ingesluit in hierdie inskrywing om te bewys dat beide van ons nie leuens sal versprei oor so iets nie.
In Augustus 2016 is Yolandi so sleggesê en geboelie deur Stephanie op Twitter. Yolandi moes hierdie hel vir daardie Saterdag verduur, soveel so dat haar eie familie kon agterkom wat besig was om te gebeur, asook Yolandi se vriende. Dit het so erg gegaan dat iemand vanuit die bloute gevra het wie hierdie big bully girl (sic) is wat Yolandi so teister. Almal het op daardie dag geweet na wie die persoon daardie woorde verwys en dit was nie Yolandi nie. Yolandi het dae later na hierdie hele onsmaaklike storie Stephanie vir die eerste keer op Twitter geblok en nie weer teruggekyk nie. Maar ongelukkig was dit nie die laaste profiel wat Stephanie geskep het nie.
Op 17 Februarie 2017, ‘n dag na Yolandi se 35ste verjaarsdag, het Stephanie op Facebook haar wens basies uitgespreek dat iets geweldadigs moet gebeur met Yolandi se geliefdes. Yolandi was beslis baie ontsteld gewees oor hierdie lae opmerking en Stephanie uitdruklik gewaarsku om haar familie uit te los uit haar kommentaar nie, want haar het niks te doen gehad met die debat tussen haar en Stephanie nie. Weereens is daar ‘n skermgreep geplaas om te wys dat Yolandi haar feite kan staaf en die waarheid praat.
Op die profiel foto van daardie skermgreep kan jy duidelik sien Stephanie hou ‘n plakaat op wat basies sê dat elke vrou verdien om veilig te voel. Die oorsprong van die woorde kom van Alison Botha se The Butterfly Revolution ‘n paar jaar gelede. Alison Botha het ‘n motiveringspreker geword na haar traumatiese verkragting en het ‘n baken van hoop en inspirasie geword. Ek sien Stephanie se houding in die profiel foto as ironies, wat enige iemand wat aankondig dat sy of hy teen verkragting is, sal nooit iets geweldadigs op iemand anders se familie wens nie.
Yolandi was ook afgeknou deur die loop van 2017 en 2018 op Twitter. Daar is skermgrepe om daardie stelling te kan staaf en dit is nie net ek en Yolandi wat daarvan weet nie, baie van ons vriende is ook ingelig oor die hele nagmerrie waardeur Yolandi moes gaan. Op Dinsdag, 25 September 2018 daardie aand het Yolandi ‘n whatsapp boodskap vir my gestuur om my te laat weet dat sy Stephanie gaan blok van die Against Abuse twitter profiel want Yolandi het nie meer kans gesien om haarself te verdedig en te verduidelik nie. Sy het Stephanie daardie aand geblok.
Op Donderdag, 27 September 2018, het Stephanie weer Yolandi sleggemaak op Twitter en ek het op daardie dag skermgrepe daarvan geneem en dit na Yolandi gestuur. Stephanie het daarna met ‘n storie begin dat Yolandi haarself “gewip” het vir Stephanie en haar op diè Donderdag geblok het. Die whatsapp gesprek tussen my en Yolandi hieronder bewys die teendeel.
Yolandi se laaste konfrontasie het op Sondagaand, 2 Desember 2018 gekom nadat sy Stephanie aangespreek het om haar uit te los. My laaste konfrontasie met Stephanie was op Donderdag, 13 Desember 2018 gewees toe ek Stephanie ook aangespreek het om Yolandi uit te los. Dit is als op wordpress gebeur nadat Yolandi ‘n inskrywing gemaak het wat Stephanie verkeerdelik aangeneem het dat dit oor haar gegaan het en probeer het om Yolandi se inskrywing uit verband uit te ruk. Stephanie was hoeveel keer aangespreek om Yolandi uit te los deur my, maar selfs dit het haar nie gestop nie.
Op 13 Desember 2018 het Yolandi ‘n welverdiende blaaskans geneem en op vakansie gegaan waar sy omtrent die hele vakansie deur boeke gelees het, flieks gekyk het, reekse op Netflix gevolg het en tyd saam met haar familie spandeer het. Ek was besig met navorsing en het Yolandi gehelp om haar Facebook blogs aan die gang te hou. Yolandi het in Januarie teruggekeer werk toe.
Ongelukkig het Yolandi op Sondag, 3 Februarie vanjaar haar vriend, Shaun, aan kanker verloor. Die hartseer nuus het gekom twee dae na Yolandi se afspraak met die tandaarts waar sy die nuus meegedeel is dat sy ‘n operasie moet ondergaan om al vier haar verstandtande te laat verwyder. Yolandi was absoluut uit die veld geslaan en ongelooflik hartseer oor die nuus van haar viend se dood. Ek was met Yolandi daardie Sondag vir ondersteuning en sy was omtrent die hele dag in trane gewees. Die begrafnis was Saterdag, 9 Februarie.
Op Vrydag, 15 Februarie het ek ‘n draai gemaak by Yolandi. Dit was ‘n dag voor haar verjaarsdag en ons het gesels en net gekuier. Sy was op die dag van haar verjaarsdag by haar familie gewees en het baie lekker gekuier. Haar een-jarige niggie was ook daar gewees. Yolandi het die kuier nodig gehad na al die trauma waardeur sy was en ek het dit vir haar gegun.
Stephanie het gedink om Yolandi in nog ‘n inskrywing op wordpress sleg te maak en aan te val. Genadiglik het Yolandi kalm gebly en Stephanie de Kock geheel en al geblok van Speak Out Against Abuse, Fight Against Bullying and Harassment, All About Dogs en Yolandi se eie blog af (als Facebook blaaie wat deur my en Yolandi begin is). Stephanie is maande gelede al van Fight Against Violence and Abuse af geblok. Sy was ook maande terug geblok op Twitter deur Yolandi, en omtrent ‘n jaar gelede geblok van Yolandi se persoonlike en private facebook profiele af.
Uit my oogpunt uit was dit ‘n baie lae en gemene hou van Stephanie om iemand sleg te sê in ‘n blog wat twee weke gelede haar vriend aan kanker verloor het. Dit was ook uiters onvervraagd en uiters onsensitief. Boonop het Stephanie Yolandi die blaam gegee dat sy in die noodgevalle eenheid geëindig het weens stres van ‘n infeksie.
Ten spyte dat Stephanie geblok wat van ons sosiale media profiele en blaaie, was ons nogsteeds (en tot vandag toe) uitgemaak as boelies wat Stephanie “geteister” het. Onthou, my laaste konfrontasie met Stephanie was twee maande voordat sy dit bekend gemaak het dat sy siek was weens stres. Yolandi se konfrontasie met Stephanie was omtrent tien weke voor hierdie hele insident op 16 Februarie.
Daar was geen konfrontasies of enige interaksie met Stephanie sedert Desember 2018 nie en daar is ook geen eintlike bewyse wat sy kan staaf dat sy geboelie is deur ons nie. Dus, beide ek en Yolandi ontken ten sterkste dat ons die oorsaak was dat Stephanie ‘n stresverwante siekte gekry het. Stephanie was ook vooraf geblok deur Yolandi tydens 2018 en voor Februarie van 2019, asook wordpress waar sy geblok was om kommentaar te lewer op ons blogs. Dit maak dit onmoontlik dat sy geboelie was deur ons. In die twee maande tussen Desember 2018 en Februarie 2019 het baie gebeure plaasgevind waarop ons aandag gevestig was ook so ons het min tyd gehad eintlik vir sosiale media.
‘n Interesante feit wat ek kan noem is dat Yolandi op nog ‘n skermgreep op haar foon afgekom het ‘n week gelede waar Stephanie vir Yolandi op 9 Augustus 2014 op Beeld se Facebook blad op ‘n manier vir Yolandi gedreig het dat sy vir “julle sal gaan” (dit sluit Yolandi en haar vriende in). Dit is basies ‘n baie groot aanduiding dat Stephanie van plan was om Yolandi se lewe hel te maak op sosiale media, en dit is beslis ‘n baie groot aanduiding dat Yolandi nie die boelie is wat Stephanie beweer sy is nie. Daardie skermgreep is ook ingesluit in hierdie inskrywing om te bewys dat Stephanie daarop uit was om Yolandi (en ‘n paar ander mense) te teiken. Sy sal als dit doen om Oscar Pistorius te verdedig, ‘n veroordeelde moordenaar wat 13 jaar verdere tronkstraf opgelewer is vir die moord op Reeva Steenkamp.
Ek wens amper hierdie inskrywing was ‘n draaiboek wat ek skryf vir ‘n fliek, maar ongelukkig is dit die ware gebeur van die afgelope vier jaar. Hierdie inskrywing is geskoei op bewyse en feite en nie ‘n opgemaakte storie vol leuens nie. Yolandi het soos duisende ander mense vir Reeva Steenkamp en haar familie verdedig, maar op ‘n manier moes sy deurloop onder afknouerig en teistering van Stephanie de Kock.
Ek kan getuig dat Yolandi keer op keer baie ontsteld was en dat sy somtyds ook in trane was weens die spanning van die teistering. Dit was nie lekker om haar so te sien nie. Ontstellend vir my eintlik. En vir diè wat Yolandi vir baie jare lank al ken. Yolandi is nie ‘n wraakgierige mens nie en ons almal wat haar ken weet dat sy ‘n baie groot hart het wat omgee vir ander om haar.
Ek doen hierdie inskrywing vanaand want Yolandi verdien beter as die behandeling wat sy op sosiale media die afgelope vier jaar gekry het. Yolandi kan nie meer terugkyk en heeltyd wonder wat mense soos Stephanie van haar dink nie, maar ek kan julle almal verseker Yolandi is beslis nie die boelie soos wat daar beweer is nie. Yolandi het wel vir maande, of selfs jare gewonder wat sy verkeerd gedoen het, maar sy het opgehou wonder want sy weet sy het niks verkeerd gedoen nie. En baie van ons weet dit ook.
Ek hoop van harte hierdie inskrywing is die laaste een van so ‘n aard en as mense hierdie inskrywing gaan lees, sal besef wat die eintlike waarheid is oor hierdie hele onsmaaklike situasie. Yolandi is deur genoeg soos dit is en verdien baie beter as dit. Ten minstens sal hierdie inskrywing beide van ons vry maak want dit is wat die waarheid altyd doen aan mense.
Dwelmgebruik skermgreep - 22 Desember 2015
17 Februarie 2017 - Skermgreep van Yolandi se geliefdes
9 Augustus 2014
25 September 2018 whatsapp boodskap
JC Liebenberghttp://www.blogger.com/profile/05796850536445169725noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-2081008700959951377.post-7042429060422978312019-08-10T07:15:00.001-07:002019-08-10T07:15:20.525-07:00Sosiale Boelies
Ek het ‘n week of twee gelede in my eie persoonlike blog ‘n baie onaangename ervaring gedeel wat oor vier jaar verloop het oor hoe ek afgeknou, geteister en aangeval was op sosiale media. Ek het genoem dat dit uiterse hel was vir my as ‘n mens om deur als dit te gaan.
Dit is vrouemaand hier in Suid-Afrika. Ons is veronderstel om elke vrou te vier en te waardeer vir al die harde werk wat sy doen. Of dit nou ‘n moeder is wat elke dag haar kinders versog. Of ‘n dokter is wat mense gesond maak. Of dit nou ‘n onderwyser is wat kinders opvoed en ‘n verskil in hul lewens maak. Ons waardeer vrouens soos Moeders, Oumas, niggies, tantes, susters en vriendinne.
Ongelukkig werk dit ook nie altyd so nie. Ongelukkig vir sterk vroue wat opstaan vir dit waarin hulle glo word hulle geboelie deur mense en dit als gebeur net op sosiale media. Ongelukkig gebeur dit ook so dat dit vroue deurloop onder ander vroue se skerp en los tonge, of vingers wanneer dit by sosiale media kom.
Daar is vroue vandag wat hulself sal wend op sosiale media om die vroue aktiviste of vroue wat net hard werk om ‘n verskil te maak af te kraak, en swart te smeer op die platforms vir almal om te sien. Vroue wat sterk en braaf genoeg is om ‘n stem te wees vir die onskuldiges loop somtyds deur. Ongelukkig skryf ek dit want ek kan dit skryf uit ervaring uit. En glo my, dit is nie iets wat ek op ander sal wens nie.
Vroue is veronderstel om mekaar aan te moedig en te ondersteun met als wat hulle doen. Vroue is veronderstel om mekaar voorspoed toe te wens met als wat hulle aanpak. Om dit op te som, vroue moet ander vroue met woorde opbou en nie afbreek nie, veral nie op sosiale media nie.
Ongelukkig is dit ‘n sirkel van bitterheid, jaloesie en haat waar hierdie vroue nie ander ‘n plekkie in die son sal gun nie. Dit is hartseer om te sien dat hulle verkies ander vroue af te breek, te kritiseer of net swart te smeer op sosiale media platforms omdat hulle nie braaf genoeg was om dieselfde te doen nie.
Dit is hartseer om te sien dat sulke vrouens hul tyd sal gebruik om iets negatiefs te sê teenoor ander as om eerder ‘n positiewe woord of twee in te kry. Ongelukkig sal dit nooit verander nie.
https://yollieserfontein79.blogspot.com/2019/07/ietsie-op-die-hart.html
Unknownnoreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-2081008700959951377.post-90012845330223476492019-08-03T07:25:00.004-07:002019-08-03T07:26:52.297-07:00Dertien RedesEk het verlede jaar Thirteen Reasons Why vir die eerste keer op Netflix gesien nadat Yolandi voorgestel het om dit te kyk. Thirteen Reasons Why is ‘n reeks wat die storie vertel van Hannah, ‘n hoërskool student wat selfmoord pleeg, maar bandopnames nagelaat het vir haar vriend, Clay, om te luister oor wat daarnatoe gelei het dat sy die drastiese besluit geneem het om haar eie lewe te beëindig. Dit was uit my oogpunt uit baie hartseer om te sien, en ongelukkig beskryf dit die realiteite van Hoërskool en dit is elke ouer se keuse om die reeks te kyk as besprekingspunt van die onderwerpe wat die reeks wys, soos teistering, verkragring en dwelm misbruik.
Ek was veral geraak deur hoekom Hannah daardie besluit geneem het. In die eerste episode gaan Hannah uit op ‘n afspraak saam met Justin, iemand op wie sy gevoelens begin ontwikkel het. Dinge in haar lewe het van daar af begin skeef loop vir Hannah toe daar ‘n foto van haar versprei word op sosiale media. Sy was die toppunt van bespreking en ‘n teiken geword van teistering. Sy het ‘n reputasie gekry as iemand wat sy nie is nie. Die laaste strooi vir haar was toe sy verkrag was deur nog ‘n student een aand tydens ‘n partytjie en sy daaroor gepraat het met ‘n berader. Selfs die berader het die verkeerde advies gegee en dit is toe Hannah die besluit geneem het.
Ongelukig is hierdie reeks nie onrealistiese verhaal met robotte en vreemde ruimtewesens nie. Dit reflekteer ongelukkig die werklikheid van die Hoërskool lewe. En hoe slagoffers van teistering en verkragting desperaat is vir ‘n oplossing om hul leiding te beëindig. Daar is elke nou en dan ‘n student wat hom-of haarself wend na drastiese stappe weens die feit dat hulle geboelie word.
Daar is hulplyne in Suid-Afrika, maar is dit nie die skole se verantwoordelikheid om toe te sien dat kinders uitsien om skool by te woon en veilig te wees nie. In sommige gevalle word daar nie baie gedoen deur skole om die kinders teen teistering te beskerm nie. Kyk nou weer soos met Hannah se skool, wat op die ou einde nie verantwoordelikheid wou aanvaar vir Hannah se dood nie.
Ek het hierdie week gelees dat ‘n 14-jarige student in Engeland selfmoord gepleeg het weens die feit dat hy geboelie was op skool. Die kind het voor ‘n trein ingespring ten aanskoue van sy klasmaats, en dit terwyl dit voorkom kon word as daar ernstiger opgetree was deur die skool self. Sulke gevalle gebeur ook in Suid-Afrika, soos met die geval van ‘n skool student van Klipspruit wat na bewering deur ‘n onderwyser geboelie was, wat daartoe gelei het dat sy selfmoord gepleeg het. Sekerlik moes daar teen die onderwyser opgetree het voor als dit gebeur nie, maar dit was hopeloos te laat vir die tiener.
Skole in Suid-Afrika moet optree teen gevalle van teistering, veral kuberteistering. Dit is goed en wel as die boelies gevang word en geskors word, maar vir hoe lank word hulle geskors en wat doen hulle as dit nie ophou nie. Wat dan van die slagoffers? Is dit ooit goed genoeg vir hulle om met die onderwysers te praat wat besig is om te gebeur, of is dit goed genoeg dat gevalle van teistering by die nodige departemente aan te meld?
Teistering het ‘n effek op elke kind en tiener, en ek glo uit ‘n persoonlike oogpunt dat daar swaarder opgetree moet word. Anders gaan slagoffers nooit voel dat hulle veilig is of hul skoolloopbane te geniet nie.JC Liebenberghttp://www.blogger.com/profile/05796850536445169725noreply@blogger.com0